Oudtshoorn Courant

Weermaglid in hof na mesdood

- GARNETT WICOMB

Die weermaglid wat van moord op ‘n pa van drie kinders aangekla word, het Dinsdag weer vlugtig, en steeds sonder regsvertee­nwoordigin­g, in die Oudtshoorn­landdrosho­f verskyn.

Die 32-jarige Kgametso Tsime het na bewering op Vrydag 29 Desember die 39-jarige Patrick Brockleban­k in St. Saviourstr­aat naby die Indraf

Kafee met ‘n skerp voorwerp gesteek, nadat hulle glo in ‘n woordewiss­eling was.

Tsime het die hof Dinsdag meegedeel dat hy voortgaan om sy eie regsvertee­nwoordiger aan te stel en nie van regshulp gebruik wil maak nie.

Die landdros het die saak tot vandag (Donderdag 11 Januarie) uitgestel vir Tsime om te sorg dat sy regsvertee­nwoordiger teenwoordi­g is, en op rekord kan kom. Daar sal dan ‘n datum vir ‘n borgaansoe­k vasgestel kan word.

Heelwat familieled­e van die oorledene en ‘n groot aantal belangstel­lendes het Dinsdag se verrigting­e bygewoon.

Die organisasi­e, Oudtshoorn Community Against Crime (OCAC), het vroeër die oggend ‘n petisie met handtekeni­nge waarin gevra word dat die verdagte in hegtenis gehou word, aan hooflanddr­os Ryan van Harte oorhandig.

Intussen het Brockleban­k se ma, Amanda Koen, gesê dat die wonde van haar kind se grusame moord steeds baie rou is vir haar en haar familie.

Koen is 'n bekende in Oudtshoorn en was die gemeenskap­smobilisee­rder van Kansa.

"Patrick was my vreeslose kind met 'n hart van goud, hy was vir niks en niemand bang in die lewe nie. Hy het gelewe vir sy kinders tot die einde."

Sy beskryf hom verder as 'n harde werker wat voluit gelewe het.

"Hy het almal altyd vermaak met sy grappe en stoutighei­d. Hy was van kleins af bitter lief vir sy twee sussies en sy broer en sou enige iets vir sy familie doen. Vir my as sy ma sou hy altyd met sy lewe beskerm. Ek as ma wil net hê geregtighe­id moet geskied. My kind het nie verdien om so te sterf nie. Hy was in die bande bedryf vir jare onder sy swaer en suster se vlerk, en was ongeloofli­k goed in sy werk. Ons as gesin gaan sy menswees mis, sy persoonlik­heid was amazing. Hy was opgewonde oor als. Hy was slimmer as n mens, soos my kinders sê. Rus in vrede my kind die wêreld is nie meer maklik nie. Almal wat jou geken het was lief vir jou."

Koen sê hy en sy suster, Gail Steyn, het 'n baie nou band met mekaar gehad en sy wou nooit iets verkeerd hoor van hom nie.

"Patrick was bitter lief vir sy kinders, ma, susters en broer. Hy was 'n harde werker, hulle het hom altyd McGyver genoem. Die laaste tyd was hy so opgewonde as ek sê ek stuur vir jou 'n pakkie. As ek vanaand sy plek kon vat, sweer ek ek sou. Patrick was nie 'n slegte mens nie. Hy wou net gelukkig wees," het sy suster gesê.

Volgens Koen het Brockleban­k se broer, AJ, gesê: "Hy was die slimste ou wat ek geken het, so prakties aangelê dat dit eintlik scary was. Ek het emmers vol fond memories saam met hom. Hy het my baie geleer, sekerlik meer as enige iemand anders."

Sunè Rheeder sy jongste suster het op haar beurt gesê: "Pat was altyd daar vir almal. As jy hulp gekort het, het hy gehelp. Sy hande kon alles doen. Hy het absoluut gelewe vir sy kinders en het nooit a dull moment gehad nie! Patrick was 'n fees, en saam met hom het jy altyd gelag. Sy lewe was nie altyd maanskyn en rose nie, maar hy het nooit opgegee nie."

Hy laat sy ma, susters, sy broer, en drie kinders, sowel as die ma van sy kinders agter.

 ?? ?? Leon Campher (derde van regs), stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, saam met vriende en familie van Patrick Brockleban­k Maandag voor die Oudtshoorn-landdrosho­f.
Leon Campher (derde van regs), stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, saam met vriende en familie van Patrick Brockleban­k Maandag voor die Oudtshoorn-landdrosho­f.
 ?? Foto’s verskaf ?? Leon Campher, stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, oorhandig die petisie aan die hooflanddr­os.
Foto’s verskaf Leon Campher, stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, oorhandig die petisie aan die hooflanddr­os.
 ?? ?? Patrick Brockleban­k
Patrick Brockleban­k

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa