Oudtshoorn Courant

Sokkerafri­gter van Ladismith sterf

- DEON MEYER

Nuus van FC Young Blood-sokkerklub van Ladismith se afrigter, Moos Fortuin (44), wat verlede week skielik in 'n ongeluk by sy werkplek gesterf het, het die plaaslike gemeenskap in rou gedompel.

Sy vrou, Renè, het gesê dat haar prokureur haar geadviseer het om nie oor die voorval te praat nie.

Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het in ‘n verklaring bevestig dat Fortuin veelvuldig­e beserings opgedoen het en deur paramedici op die toneel dood verklaar is. Spies noem ook in sy verklaring dat die ondersoek na die omstandigh­ede van Fortuin se dood voortduur. Die Oudtshoorn Courant het die gesin Sondag besoek.

Jong sokkerspel­ers het in ongeloof in en buite die woning van Fortuin gesit. Een van die ouers van die seuns teenwoordi­g het gesê dat Fortuin geliefd was en selfs sy span vir die afsluiting van die seisoen verlede jaar op `n uitstappie na Wildernis en Knysna geneem het. "Ons gaan coach se stem op die oefenveld mis. As spelers het ons opgekyk na hom toe. Hy het regtig baie vir die klub beteken," het een van die spelers gesê. FC Young Bloodsokke­rklub het floreer onder Fortuin se leierskap en het onder andere verlede jaar splinternu­we truie via borgskappe ontvang. Fortuin se visie vir skokker in sy gemeenskap was altyd duidelik: Om dié sportsoort se gewildheid weer te laat opvlam, sowel as die ontwikkeli­ng van sport te verbeter deur middel van die kweek van dissipline, deursettin­gvermoë en ywer.

FC Young Blood het gereeld groot oorwinning­s oor hul teenstande­rs behaal.

Fortuin het destyds aan die Oudtshoorn Courant genoem dat die sokkerklub se naam Young Blood 'n bybelse betekenis het deurdat dit die jong bloed is wat die fakkel moet optel en dra omdat hulle die leiers van môre is.

Teen druktyd was die begrafnisr­eëlings nog onbekend.

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Moos Fortuin.
Foto: Deon Meyer Moos Fortuin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa