Oudtshoorn Courant

Geen na-uurse dienste vir diere

- LIEZL VAN NIEKERK

Die munisipale skut lewer nie meer nauurse dienste aan die gemeenskap nie, en is slegs operasione­el gedurende werksure, vanaf 07:30 tot 16:30 Maandae tot Vrydae.

Oudtshoorn Courant het verskeie klagtes ontvang, oor diere wat veral oor naweke siek raak of raakgery word en in haglike toestande moet leef en dan is daar niemand om bystand te lewer nie.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, is dierebeske­rming en -versorging ‘n prioriteit vir die munisipali­teit.

"Maar weens die begrotings­besnyding is aanpassing­s gemaak en op grond hiervan is die skut slegs operasione­el gedurende werksure, vanaf 07:30 tot 16:30. Na-uurse hulp sal ongelukkig verwys moet word na ander privaat instansies."

Mle sê enige dier wat sonder toesig op enige openbare pad of openbare plek aangetref word, kan op beslag gelê word en hoef dit ook nie net deur die skutmeeste­r en hulle personeel gedoen te word nie, maar ook deur enige lid van die Suid-Afrikaanse polisiedie­ns,

'n lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, 'n lid van die provinsial­e padverkeer­s-inspektora­at of 'n gemagtigde munisipale amptenaar.

"Hulp word dus nie geweier nie, maar ander instansies kan genader word."

Sy het ook gesê dat mediese hulp steeds aan diere by die skut gegee word en dat ‘n staatsveea­rts na die skut toe gaan tydens noodgevall­e en wanneer die personeel met hulle in aanraking kom om sodoende die nodige behandelin­g te bied. Op 'n vraag oor wat gebeur indien diere na-uurs rondloop of kinders byt of beseer is het die munisipali­teit gesê dat hulle geen na-uurse hulp kan aanbied nie en dit na privaat instansies

verwys moet word.

Die vraag is egter steeds waarheen gaan die diere indien privaat instansies diere help of skut?

Die skut is op Saterdae net in die oggende vir die publiek oop en glad nie meer Sondae nie.

"Die personeel mag nie na-uurs werk nie. Daar is dus groot dele van die dag oor naweke waar daar niemand is wat seker maak dat die diere genoeg water het nie of dat die hokke skoon is nie. Bakke word omgestamp of leeg gedrink en soms is die diere sonder water. Honde en babahondji­es staan in hul eie ontlasting en word deur die vlieë gepak. Die omstandigh­ede waaronder die diere tans leef is werklik kommerwekk­end,” het ‘n besorgde inwoner gesê.

Liefdadigh­eidsorgani­sasies moet nou

na-uurs instaan om te help. Volgens Colleen Smith stigter van Oudtshoorn Dogs in Need, kry hulle geweldig baie oproepe vir hulp in die aande en oor naweke.

"Ons moet iemand vra om na die diere te gaan of help en dan minstens die brandstof dek. Soms moet ons die diere na 'n veearts in George neem. Daar was self al 'n voorval van 'n hond wat raakgery is en twee van sy bene gebreek was. Die hond kan mos nie wag tot Maandag vir hulp nie."

Ansa de Jager, stigter van Oudtshoorn Diereherbe­rg, sê sy wil bitter graag mense na-uurs help, maar omdat daar nie 'n perseel is waarheen sy die diere kan neem nie, kan sy nie help nie.

"Ek is besig om nuwe hokke op te rig, maar omdat ek nie genoeg borge en hulp van die gemeenskap kry nie, vorder die herberg se skut glad nie. Ons het dus nêrens om die diere heen te neem nie. Dit is nie Ansa se skut nie, maar die gemeenskap se skut. Ons wil net die gemeenskap help."

In 2023 is daar berig dat die munisipali­teit 'n nuwe skut sou bou. Die perseel moes verskuif omdat daar bevind is dat die rioolsuiwe­ringswerke se perseel nie geskik is vir 'n skut nie.

Die munisipali­teit het in Junie 2023 gesê dat hulle wel nuwe eiendom gekry het en sou hulle 'n 20 jaar huurkontra­k, teen 'n minimale fooi, met 'n boer aan wie die grond behoort, opstel.

Die nuwe skut is egter steeds nie gebou nie. Volgens Mle was daar sprake om die proses te begin. "Soos enige projek moet daarvoor begroot word en finansieri­ng gevind word.

“Die tenders vir veeartsdie­nste en kos is wel gefinalise­er en die kontrakte is tot 30 Junie 2026.”

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Honde staan in hul eie ontlasting omdat hokke nie meer gereeld skoon gemaak word nie.
Die munisipale skut.
Foto: Liezl van Niekerk Honde staan in hul eie ontlasting omdat hokke nie meer gereeld skoon gemaak word nie. Die munisipale skut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa