Oudtshoorn Courant

Campher bedank as raadslid

- LIEZL VAN NIEKERK

Leon Campher het op 13 Februarie, in 'n mediaverkl­aring bekendgema­ak dat hy as raadslid bedank het. Campher, 'n proporsion­ele raadslid, het onder die vaandel van Advieskant­oor gestaan. Volgens hom handel sy bedanking oor 'n persoonlik­e heksejag op hom sedert 2022.

"Ek het my termyn begin met 'n reëling oor my munisipale rekening in 2021. Twee jaar later was dit 'n item wat na die raad toe gebring is, en is daar gevra dat ek van die raad verwyder moet word omdat ek die munisipali­teit geld skuld."

Volgens hom is die probleem met die reëling wat hy met die munisipali­teit gehad het eers twee weke gelede uitgewys.

"Omdat ek opreg is en omdat ek eerlik is het ek gevoel op grond van wat nou hier gebeur, bedank ek liewer want ek wil nie in ’n posisie wees wat teenstrydi­g is met wetgewing nie. Daarom bedank ek met onmiddelli­ke effek."

Volgens hom het hy ook 'n kriminele klag teen die speaker, Johan Allers, gelê omdat hy na bewering in 'n stemboodsk­ap Campher se status van sy rekening teenoor 'n derde party geopenbaar het.

Campher beweer ook in sy verklaring dat daar "selektiewe optrede van die speaker se kant af is," en dat daar ander raadslede was wat ook geld geskuld het. Volgens hom is daar nooit met hom oor sy uitstaande bedrae gepraat nie en het hy ook nie aanmanings ontvang nie.

"Ek was nie bewus van die beplande optrede teen my nie. Ek het verlede week in 'n vergaderin­g daarvan gehoor. Almal van ons is bewus dat daar horde amptenare is wat ook die munisipali­teit geld skuld."

Wat sê Johan Allers

Allers het gesê dat hy nie van die klag bewus is nie en dus nie daarop kan kommentaar lewer nie.

"Al wat ek kan sê is dat geen raadslid meer as drie maande agterstall­ig mag wees op hul rekening nie. Raadslid Campher was meer as drie maande agterstall­ig. Hy is ook daaroor aangespree­k, maar het nie die rekening vereffen nie."

Walter Hendricks lewer kommentaar

Die munisipale bestuurder, Walter Hendricks, het gesê dat hulle ‘n brief van raadslid Leon Campher (Advieskant­oor) ontvang het waarin hy sy bedanking as raadslid indien.

"Aangesien meneer Campher ‘n proporsion­ele raadslid is kan sy party ‘n plaasverva­nger aanwys wat deur die Onafhankli­ke Verkiesing­s Direktoraa­t (OVK) goedgekeur moet word. Die eerste stap in die proses is dat die munisipale bestuurder die OVK onmiddelli­k van die bedanking in kennis stel en vra dat ‘n vakature verklaar word. Nadat dit gedoen is, moet Advieskant­oor die naam van hulle plaasverva­nger aan die OVK voorlê vir goedkeurin­g. Die OVK sal dan die munisipale bestuurder in kennis stel van die nuwe raadslid waarna die inswering in die raadsaal gedoen sal word. Die redes vir Campher se bedanking was nie deel van die skrywe aan die munisipale bestuurder nie."

Volgens Campher is Deandro Booysen tweede op die lys as raadslid vir Advieskant­oor.

'n Navraag is aan die OVK gestuur, maar geen terugvoer is ontvang nie.

 ?? ?? Leon Campher
Leon Campher

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa