Oudtshoorn Courant

Simon Swigelaar, krieketleg­ende ter ruste gelê

- GARNETT WICOMB

Hy was ‘n krieketleg­ende, familieman, mense-mens en skoolhoof soos min. So is die lewenslang­e erepreside­nt van die Union Stars-krieketklu­b en SWD-krieket, asook erelid van Krieket Suid-Afrika (KSA), Simon Petrus Swigelaar, alombekend as ‘Espee’ verlede week tydens sy troosdiens en begrafnis in die Weyers Memorial United Congregati­onal Church beskryf.

Swigelaar is op Vrydag 2 Februarie na ‘n kort siekbed op 90-jarige ouderdom oorlede.

Japie Coetzee, wat 26 jaar saam met Swigelaar skoolgehou en hom as skoolhoof van Laerskool Bergsig opgevolg het, het in sy huldeblyk gesê hy sal hom onthou as ‘n man met ‘n skerp ondersoeke­nde brein en innoverend­e denker vir wie almal baie lief was.

“Meester Simon was ‘n skoolhoof wat altyd by alles van die skool betrokke wou wees.”

Die voormalige president van SWDkrieket, Rudi Claassen, het in sy huldeblyk gesê hy sal Swigelaar onthou as ‘n ware en gerespekte­erde krieketamb­assadeur en iemand by wie hy ontsaglik baie geleer het.

Nettie Antonie, ‘n ouddiaken van die Weyers Memorial United Congregati­onal Church het gesê Swigelaar was iemand wat meer as sy deel vir sy kerk gedoen het. “Hy was altyd bereid om te gee,” het sy gesê.

Ds. Donald Moos het Swigelaar beskryf as een van die noukeurigs­te mense wat hy geken het.

Volgens hom was Swigelaar as voorsitter van die kerk se finanskomi­tee, baie presies en saam met sy oorlede broer, Stephen, het hulle die leidende rol gespeel tydens die bou van die kerksaal.

Twee van Swigelaar se kleinkinde­rs, Lara en Cloe Swigelaar, het hul oupa geloof vir sy geduld en die waardes van die lewe wat hy hulle geleer het.

Volgens Stephen Swigelaar, ‘n broerskind, was sy oom ‘n ware steunpilaa­r in die familie. “Sy broers en suster se kinders was ook sy kinders en sy liefde vir almal sal ek nooit vergeet nie. Laat ons sy nagedagten­is vertroetel.”

Tydens sy begrafnisd­iens Saterdag in ‘n stampvol kerk het die hoof- uitvoerend­e beampte van SWD-krieket, Albertus Kennedy, Swigelaar beskryf as ‘n

familiemen­s by uitstek.

“Oom Simon het geen steen onaangeraa­k gelaat om kwaliteit tyd saam met sy familie te spandeer nie.”

Volgens hom sal die kantoor van SWDkrieket nooit weer dieselfde wees nie.

Dit was egter duidelik dat sy lewe na die dood van sy vrou, Daphne in 2017, nooit weer dieselfde was nie.

Volgens Kennedy het Swigelaar oor ‘n tydperk van 75 jaar, eers as speler, later as skeidsregt­er en laastens as administra­teur ‘n onbaatsugt­ige rol in krieket in die algemeen gespeel.

“Sy wysheid, kennis, lojaliteit en entoesiasm­e het ‘n belangrike rol gespeel in die vestiging van SWD-krieket as een van KSA se suksesvols­te opkomende lede. Sy

rol binne eenwording van krieket in SuidAfrika is prysenswaa­rdig en sy nalatenska­p vir SWD-krieket is ongeëwenaa­rd.”

Volgens Swigelaar se oudste kleinkind, dr. Simoné Groenewald, het haar oupa en ouma soveel mense se lewens geraak. “Albei het so baie in hul gemeenskap en hul kerk gedoen. Hulle was onafskeidb­aar en het alle gebeurteni­sse van hul kinders en kleinkinde­rs bygewoon.”

Volgens Moses Jackson het Swigelaar die term Ubunthu ten volle uitgeleef.

“Ek is trots om vandag te sê. Ek is wat ek is, danksy Simon Swigelaar.”

Swigelaar word oorleef deur ‘n broer, Robert, drie kinders, Colin, Rodney en Jennifer Josephs, agt kleinkinde­rs en ses agterklein­kinders.

 ?? Foto’s: Garnett Wicomb ?? Swigelaar se kis met sy foto en trui van SWD-krieket.
Foto’s: Garnett Wicomb Swigelaar se kis met sy foto en trui van SWD-krieket.
 ?? ?? Swigelaar se kis word vanuit sy seun Colin Swigelaar se woning gedra.
Swigelaar se kis word vanuit sy seun Colin Swigelaar se woning gedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa