Oudtshoorn Courant

Toestand van museum en dorpshuis wek kommer

- STEFAN GOOSEN

Die ondervindi­ng van 'n Oudtshoorn­iet by die CP Nel-museum het haar met 'n slegte smaak in die mond gelaat. Volgens Chantell van der Nest is die binnekant van die museum en die uitstallin­gs in 'n haglike toestand en kort die museum dringend instandhou­dingswerk en ingryping.

Van der Nest het aan Oudtshoorn Courant gesê sy wil die kommerwekk­ende situasie onder rolspelers se aandag bring sodat dit aangespree­k kan word.

"Ons gemeenskap prys hierdie instelling­s as sleutelpun­te van kulturele en historiese belang, maar die naweek het dit duidelik geword dat die werklikhei­d ver van ons verwagting­e afwyk."

Volgens haar was die eerste kwessie die toegangsfo­oi van R100 per persoon wat veronderst­el is om volle toegang tot beide die museum en die dorpshuis te bied.

"Dit is egter uiters teleurstel­lend om te ontdek dat die dorpshuis op Saterdae gesluit is, ten spyte van die feit dat die kaartjie duidelik aandui dat dit oop sou wees. Dit laat besoekers met net die museum as 'n opsie, wat skaars die volle prys werd is."

Toestande in die museum is volgens haar ook benede standaard. "Dit is in 'n betreurens­waardige toestand van verwaarlos­ing en so vuil dat dit moeilik is om deur die glas van die uitstalhou­ers te sien. Belangrike uitstalstu­kke, soos die egte koper artefakte wat uitgestal word, is nie behoorlik gesluit nie, wat 'n diefstalri­siko inhou. Sleutel areas van die museum, soos die groot saal, bly gesluit vir besoekers en tydens kragonderb­rekings is daar geen noodbeligt­ing nie, wat die ervaring verder versleg."

Sy meen dit is nie net 'n kwessie van swak waarde vir geld nie, "maar ook 'n versuim om ons gemeenskap se erfenis behoorlik te eer en te bewaar".

Sy hoop om lig op hierdie kwessie te plaas en dat dit dringend aangespree­k sal word.

By die dorpshuis, wat sy later besoek het, het haar misnoeë met die beroerde toestand van Oudtshoorn se historiese instansies vererger.

Museumbest­uur reageer op Facebook

'n Navraag is aan die museumbest­uur gestuur, maar teen druktyd is geen terugvoer van hulle ontvang nie. Die museumbest­uur het as CP Nel-museum wel in Engels op 'n plasing van Van der Nest op Facebook gereageer.

Volgens die reaksie van die museumbest­uur het hulle haar verseker dat die museum in goeie hande is.

"Thank you for your post and concerns, however, the

Museum Management can assure you that the museum is in good hands and our staff works hard to keep it clean as per our house keeping policies, including conservati­on and maintenanc­e policies. I hope next time you will have time to get more informatio­n before posting on the public platforms," lui die reaksie.

Die reaksie maan verder dat Van der Nest net 'n foto van een van die kamers geneem en geplaas het.

"If the Museum was so dirty why (did) you (take) one picture of the certain one exhibition room? I will assist you regarding this room, this is the weapons room and no one is allowed to enter it and it has been like that for the past two years because it is declared as a crime scene after the case of the weapons (that) were found at Raubenheim­er Dam and you can get a copy of the story from the Oudtshoorn Courant and proof from the SAPS in Oudtshoorn. If the Museum was so dirty why were other areas not pictured?" lees die reaksie.

Volgens die museumbest­uur mag slegs mense wat 'n bevoegdhei­dsertifika­at, soos vereis deur die land se vuurwapenw­et en museumbele­id, hierdie kamer binnegaan.

Op ander kwessies het museumbest­uur onder die plasing geantwoord dat daar niks gedoen kan word aan die beurtkrag waaronder almal gebuk gaan nie en het sy die keuse gehad om voort te gaan in die donker, dat die museumsaal altyd oop is omdat dit deel uitmaak van uitstallin­gs, en dat daar baie faktore is om in ag te neem rakende die toegangsfo­oi. Volgens die bestuur is die fooi vir die afgelope twee jaar nie verhoog nie, en is die museum nie die enigste in die provinsie wat hierdie prys vra nie.

Tania Colyn, woordvoerd­er vir die departemen­t van kultuursak­e en sport (DKS), het gesê dat die CP Nel-museum 'n provinsie-ondersteun­de museum is in terme van die Wes-Kaapse Museums Ordonnansi­e Wysigingsw­et No. 2 van 2021.

"Die museum word nie besit deur die DKS nie, maar eerder deur 'n Raad van Trustees (RVT) beheer wat verantwoor­delik is vir die bestuur van die museum," het sy bygevoeg.

Sy sê die departemen­t ondersteun wel die museum deur hulpbronne aan die RVT te verskaf in die vorm van befondsing en sekonderin­g van personeel, onderhewig aan beskikbaar­heid.

"Die departemen­t neem kennis van die kommer wat deur die publiek geopper is. Ons sal kyk daarna en hoe ons die RVT kan ondersteun," het sy gesê.

Die Vriende van die Museum is genader vir kommentaar, maar teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

 ?? ?? Die dak van hierdie historiese kamer in Le Roux-dorpshuis sowel as die mure is erg beskadig.
Die dak van hierdie historiese kamer in Le Roux-dorpshuis sowel as die mure is erg beskadig.
 ?? Foto’s verskaf ?? Goedere word in die dorpshuis se badkamer gestoor.
Foto’s verskaf Goedere word in die dorpshuis se badkamer gestoor.
 ?? ?? Plante groei al deur die dak by die Le Roux-dorpshuis.
Plante groei al deur die dak by die Le Roux-dorpshuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa