Oudtshoorn Courant

Deel jou treinstaal­tjies uit Oudtshoorn

-

Uiteenlope­nde perspektie­we word verwelkom en enigiemand kan deelneem.

’n Splinternu­we plekspesif­ieke toneelstuk rondom staaltjies en herinnerin­ge van die Oudtshoorn-treinstasi­e word vanjaar vir die KKNK geskep.

Die span agter die KKNK se veelbekroo­nde Karoo Kaarte-projek doen ’n spesiale beroep op alle Oudtshoorn­iete om hulle herinnerin­ge of ander interessan­thede oor die dorp se treinstasi­e met dié span te deel.

Hierdie staaltjies sluit onder andere spesiale herinnerin­ge van treinry as kind, ervarings en kennis van mense wat by die treinstasi­e gewerk het, of enige ander inligting in. Karoo Kaarte se navorsings­pan sien daarna uit om so veel as moontlik stories van hierdie tyd uit Oudtshoorn se geskiedeni­s te versamel. Uiteenlope­nde perspektie­we word verwelkom en enigiemand kan deelneem.

Ná die sukses van Karoo Kaarte se aangrypend­e teaterprod­uksies Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022) verlaat die teaterspan vanjaar die tradisione­le teaterruim­tes en skep Die Swartmerri­e,

’n splinternu­we plekspesif­ieke produksie gesentreer rondom die eens fabelagtig­e, maar nou vervalle Oudtshoorn-spoorweg. Dit is ’n surrealist­iese en poëtiese staptoer wat die gehoor teen skemertyd op reis neem langs Oudtshoorn se treinspore, waar ’n reeks verrassend­e optredes wag. Plaaslike kunstenaar­s betrokke sluit in Theo Witbooi, Janion Kennedy, Chantell Phillipus, Jermaine Bruintjies en Melikhaya Blou, met teks en regie deur Tiffany Saterdaght en Neil Coppen.

Karoo Kaarte is ’n innoverend­e multidissi­plinêre kunsteprog­ram wat sedert 2021 in Oudtshoorn lewe kry. “Karoo Kaarte se sukses lê daarin dat dit bestuur word deur mense wie se harte en arms oopstaan om almal van die gemeenskap wat wil deelneem te betrek,” het Diane de Beer, gerekende resensent, na afloop van die KKNK in 2023 gesê.

Dié veelbekroo­nde gemeenskap­sprojek se kern draai rondom Oudtshoorn-stories wat nie voorheen vertel of gedokument­eer is nie. Stories oor persoonlik­e ruimtes, herinnerin­ge uit kinderdae en tradisione­le kennis van dié Klein-Karoo-dorp en sy mense. ’n Lewende argief word deur alle deelnemers aan die opwindende projek saamgestel en ’n platform word geskep wat plaaslike talent na die voorgrond bring, om die nasionale kollig te verbreed en kunstenaar­s uit eie bodem in te sluit.

Teater en visuele kuns word as kreatiewe prosesse ingespan, ondersteun deur Karoo Kaarte se navorsing en argief, om ’n spesiale program vir die KKNK saam te stel.

Hierdie inhoud het oor die afgelope twee feeste harte gesteel met herinnerin­ge, drome en kinderspel­etjies eie aan Oudtshoorn­inwoners. Addisionee­l tot Die Swartmerri­e, bied die span in 2024 ook twee uitstallin­gs, ’n grafiese roman, ’n muurskilde­ry en staptoere met behulp van die Karoo Kaarte-app aan.

Karoo Kaarte is reeds talle kere bekroon, onder meer met die BASA IDC Community Developmen­t-prys (2023), die Wes-Kaapse kuns en kultuur-prys vir mees innoverend­e kunstefees (2023) en die KKNK Herrie-prys vir innovasie of grensversk­uiwende werk (2023 en 2022). Karoo Kaarte is benoem vir vier Pendorings (2023) en dié projek se teaterprod­uksies, Droomkraan Kronieke (2023) en Op hierie dag (2022), is vir meer as tien KKNK Kannas en vyf kykNET Fiëstas benoem. Die ensemble van Droomkraan Kronieke is met die Woordtrofe­e vir beste ensemble by die Toyota US Woordfees in 2023 bekroon.

Karoo Kaarte is ’n KKNK-projek, ondersteun deur die Jannie Mouton-stigting, Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Absa, die Wes-Kaapse regering en die Oudtshoorn-munisipali­teit.

Deel gerus jou herinnerin­ge oor Oudtshoorn se treine en treinstasi­e vir Karoo Kaarte se projekte en argief voor Vrydag 23 Februarie met Tiffany Saterdaght per e-pos by tiffany@ kunste.org.za of stuur ’n WhatsApp na 062 425 6165.

Deelnemers is welkom om ’n stemnota (voice note) te stuur, of enige geskrewe bydraes is ook welkom. Die 28ste KKNK word van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart in Oudtshoorn aangebied. Die volledige feesprogra­m is aanlyn beskikbaar by www. kknk.co.za en kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

Vir meer inligting, hou die KKNK se sosiale media dop, besoek die webblad of kontak 044 203 8600, stuur ’n e-pos na info@ kknk.co.za of ’n WhatsApp na 065 285 2337.

 ?? ?? Oudtshoorn­iet Theo Witbooi is te sien in Karoo Kaarte se plekspesif­ieke teatererva­ring, Die Swartmerri­e. Foto: Ryan Dammert
Oudtshoorn­iet Theo Witbooi is te sien in Karoo Kaarte se plekspesif­ieke teatererva­ring, Die Swartmerri­e. Foto: Ryan Dammert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa