Oudtshoorn Courant

Hooggeregs­hof weier aansoek van Brits

- GARNETT WICOMB

Die petisie wat ‘n voormalige wynhuisbes­tuurder in Oudtshoorn, Johan Brits (55), by die Wes-Kaapse hooggeregs­hof ingedien het vir verlof om teen sy skuldigbev­inding te appelleer, is deur die hof van die hand gewys.

Volgens Eric Ntabazalil­a, woordvoerd­er van die Nasionale Vervolging­sgesag (NVG) is die uitspraak op 10 Desember 2023 gelewer.

Die hof se beslissing beteken dat indien Brits handdoek ingooi ten opsigte van sy skuldigbev­inding hy nog teen sy tronkstraf­vonnis kan appelleer wat nog vanjaar in die Wes-Kaapse hooggeregs­hof aangehoor moet word.

Brits, voorheen bestuurder van Kango Wyne en Kango Koöperasie in Oudtshoorn is reeds in 2015 skuldig bevind aan 23 aanklagte van bedrog en twee van die oortreding van die Wet op Drankprodu­kte en is in die Oudtshoorn­streekhof tot nege jaar en nege maande gevangenis­straf gevonnis.

Hiervan is twee van die agt jaar vir bedrog opgeskort terwyl ‘n verdere jaar en nege maande gelyktydig met die onopgeskor­te vonnis vir bedrog uitgedien kan word vir effektiewe tronkstraf van ses jaar.

Brits het ‘n vreemde produk, bekend as ‘Ale’, met wyn vermeng en dit onder die ou etikette bemark. Hy het ook seëls wat drie keer deur ‘n beampte van die departemen­t landbou aan wyntenks aangebring is, gebreek.

Sy hersiening­saansoeke in die hooggeregs­hof sowel as in die appèlhof om teen die weiering van ontslag te mag appelleer, is van die hand gewys.

Streekland­dros Neels Nortjé het met vonnisople­gging gesê dat Brits nie aan ‘n eenmalige misdaad skuldig bevind is nie. Hy het ook sy eie drankwinke­l bedryf sonder die wete van die direksie van Kango Wyne, wat tot sy afdanking gelei het.

Die streekhof het na die vonnisople­gging ‘n aansoek om verlof om teen die skuldigbev­inding te appelleer van die hand gewys, maar wel verlof om teen die vonnis te appelleer. Borgtog van R20 000 is aan Brits toegestaan.

Advokaat Louis van Niekerk van die kantoor van die DOV is die aanklaer, terwyl adv. Marthinus Barnard namens Brits optree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa