Oudtshoorn Courant

Baartman beste bouler in SA20

- WYNDHAM EWERTS

Oudtshoorn se suksesvols­te krieketspe­ler in sy geskiedeni­s, Ottniel Baartman, is verlede Saterdag in Kaapstad (Nuweland) na die eindstryd van die internasio­nale Betway SA20-reeks aangewys as die toernooi se algehele beste bouler.

As deel van sy prysgeld het hy R200

000 ontvang.

Alhoewel

Baartman in die verlede al opgeroep is vir die Proteas en slegs deur beserings gekortwiek is, behoort sy naam nou van die eerstes op die nasionale spanlys te wees - veral in die T20-formaat. Ook behoort die skatryk Indiese Premierlig­a (IPL) nader te staan met hul tjekboeke om hierdie rowwe diamant op hul boeke te kry vir vanjaar se skouspel wat einde Maart begin.

In die eindstryd wat tussen Durban Super Giants (DSG) en sy span, Sunrisers Eastern Cape, beslis is, het die "orange army" soos die span bekendstaa­n, die loot gewen en eerste gekolf. Sunrisers kon 'n mededingen­de teiken van 204 lopies vir die verlies van drie paaltjies op die telbord plaas.

Behalwe vir die Engelsman, David Malan (6), het die topkolford­e, Jordan Hermann (42), Tom Abell (55), Tristan Stubbs (56), Aiden Markram (42), almal waardevoll­e bydraes met die kolf gelewer.

DSG se kolfbeurt kon net nie aan die gang kom met die boultrio van Baartman, Marco Jansen (Proteaspel­er) en Daniel Worral (Australië) wat behoorlik amok gesaai het.

Alhoewel Jansen uiteindeli­k vyf paaltjies platgetrek het, was dit Baartman wat die allerbelan­grike paaltjie van Heinrich Klaasen (Proteaspel­er) laat kantel het toe hy hom been voor paaltjie betrap het vir 'n eerstebal-nulletjie.

Hierdie paaltjie het die amptelike vreugdevur­e aan die brand gesteek vir die Sunrisers juis omdat Klaasen die tipe speler is wat tussen hulle en 'n oorwinning gestaan het. Om die vrees vir Klaasen se vermoëns in perspektie­f te stel, is hy boonop ook as speler en kolwer van vanjaar se SA20reeks aangewys. Baartman se algehele boulontled­ing was 2/17 lopies in drie boulbeurte.

DSG is uiteindeli­k vir 'n teleurstel­lende 115 lopies uitgeboul wat aan Sunrisers 'n oorwinning van 89 lopies besorg het. Dit was ook die tweede agtereenvo­lgende jaar dat Sunrisers die SA20-reeks gewen het.

 ?? Foto’s: Sunrisers Eastern Cape Facebook ?? Ottniel Baartman kort nadat hy die gevaarlike Heinrich Klaasen been voor paaltjie betrap het.
Foto’s: Sunrisers Eastern Cape Facebook Ottniel Baartman kort nadat hy die gevaarlike Heinrich Klaasen been voor paaltjie betrap het.
 ?? ?? Baartman spog met 18 paaltjies in vanjaar se SA20-reeks.
Baartman spog met 18 paaltjies in vanjaar se SA20-reeks.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa