Oudtshoorn Courant

Varke vrek van honger

- LIEZL VAN NIEKERK Sien meer foto’s by www.oudtshoorn­courant.com

Colleen Smith, stigter van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin), gaan klagtes van diereverwa­arlosing en dieremisha­ndeling lê na ses varke weens honger gevrek het.

Volgens haar was dit een van die ergste gevalle van mishandeli­ng en verwaarlos­ing wat sy nog ooit gesien het.

Die hokke is op 'n stuk grond naby die kanaal geleë waar talle kleinboere met vee boer.

Volgens Smith het een van die inwoners haar gebel oor die toestand van die varke. Met die aankoms van Oudtshoorn Courant op die toneel was daar reeds ses varke dood. Gebeentes van varke wat al 'n aantal maande dood is, het in twee van die hokke gelê. Smith sê die gebeentes lyk of dit tussen drie en vyf maande al daar lê.

"Ek en Magda het dadelik moue opgerol en semels en water in die bakke gegooi. Toe ons hier aankom moes ons eers kyk hoeveel van die varke nog leef. Van die varke was te swak om op te staan en ons moes hulle op help om tot by die kosbak te kom. Ons het twee varke sien lê en gedink hulle is ook dood. Toe Magda aan hulle vat het een se oor beweeg, maar hy was vreeslik swak. Dit is verskrikli­k om te dink aan die lyding

waardeur dié diere moes gaan. Niemand weet presies hoe lank die varke al sonder kos en water is nie."

Niemand kon antwoord oor waarom die skut of Odin nie vroeër gekontak is, of waarom niemand probeer het om die varke te help nie. Van die varke het gate in die kamp gegrawe en styf teen mekaar gaan lê voor hulle saam-saam gevrek het.

"Dit was aaklig om te sien. Die klein varkies was letterlik net vel en been en mens kon hulle ribbes sien uitsteek."

Smith sê die varkies het sommer binne in die kosbak geklim soos hulle gevreet het.

Volgens haar het hulle die dooie varke en die gebeentes verwyder. Sy het verder gesê dat hulle definitief die week nog die klagtes gaan lê.

"Ons is nog besig met die ondersoek en sal na afloop van die ondersoek die klag indien."

Volgens die eienaar van die

varke, wat gevra het om anoniem te bly, is hy woedend oor die toestand van die varke.

"Ek was drie maande weg. Ek het kontrakwer­k in Sedgefield gekry en het iemand betaal om die varke te voer. Die man het gesê hy gaan. Hy het elke Vrydag die geld by my ma kom haal en hy het gesê dat hy die varke gevoer het. Toe ek terugkom moes ek uitvind die varke is dood.

“Die man het glo die voer aan die ander varkboere verkoop in plaas daarvan om my varke te voer. Ek kan glad nie verstaan hoekom niemand my of my ma vroeër laat weet het nie. Daar is tot iemand wat soos 'n opsigter is by die hokke. Vier van my klein varkies is ook gesteel. Ek is briesend. Dit hokke het totaal en al verval. Ek moet nuwe planke koop en nuwe skuilings bou. Alles hier het verval terwyl ek weg was."

Oudtshoorn Courant het besluit om nie die foto's van die varke wat gevrek het op die voorblad te gebruik nie, omdat dit te grafies is en sensitiewe lesers kan ontstel.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Een van die varke vreet dankbaar aan die semels.
Foto’s: Liezl van Niekerk Een van die varke vreet dankbaar aan die semels.
 ?? ?? Die varke was te swak op hul bene en het gesukkel om op te staan.
Die varke was te swak op hul bene en het gesukkel om op te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa