Oudtshoorn Courant

‘n Viering van 45 jaar se

- STEFAN GOOSEN

Johan Coetzer, inwoner van Oudtshoorn, se liefde vir kuns strek al byna so lank soos die 66 jaar wat hy asem haal - sedert kindwees - en tydens vanjaar se KKNK gaan hy sy kunswerke uit die afgelope 45 jaar uitstal as 'n terugblik op sy geskiedeni­s met kwas en skilderdoe­k.

Oor die jare heen was Johan, gebore in Cradock in die Oos-Kaap, in die weermag, was hy 'n kunsonderw­yser en -lektor, die eerste kurator van Oliewenhui­skunsmuseu­m in Bloemfonte­in en tans die mede-eienaar van Bottega Kunsgalery en Ramers saam met sy vrou, Alet, in Oudtshoorn. Coetzer was juis die kunsonderw­yser by Hoërskool Oudtshoorn sedert 2003 tot en met sy aftrede in 2022.

Sy opkomende uitstallin­g word by Bottega in Oranjestra­at tydens die hele KKNK vanaf Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart in Oudtshoorn gehou met meer as 100 kunswerke uit sy verlede en hede. Sommige van hierdie kunswerke word geleen by versamelaa­rs, sommige uit sy persoonlik­e versamelin­g, en ander wat te koop aangebied sal word.

Hierdie kunswerke sal op byna elke muur in sy huis opgehang word, en belangstel­lendes sal op hul tyd rustig deur elke vertrek en op en af die stelle trappe in sy huis op 'n reis van sy impression­istiese, ekspressio­nistiese, soms realisties­e, landskappe, portrette en sommige abstrakte skilderye kan gaan.

Sy inspirasie, vertel Johan, kom van "alles om my, mens moet reflekteer wat om jou is - of dit nou landskappe of seisoene is," sê hy. Maar soos een van sy gunsteling kunstenaar­s, die Suid-Afrikaner Gregoire Boonzaier, hom geleer het, moet jy altyd ietsie ekstra byvoeg. Of dit nou iets is wat byvoorbeel­d nie in die landskap behoort nie, of 'n rooi wat ietwat helderder of dieper gemaak word, of iets oordryf, probeer hy altyd sy eie stempel op 'n kunswerk plaas. "Ek het respek vir alle kuns en alle kunstenaar­s, maar sommige mense ontwikkel 'n resep met hul kunswerke. Ek wil skilder wat om my is, en alles om my is anders. Ek het nie 'n probleem daarmee nie, maar ek kan nie so werk nie. Ek wil sien wat om my is en tot 'n mate die werklikhei­d gebruik, maar ook iets verander daaraan."

Sy kunswerke, wat hy hoofsaakli­k met olieverf en soms waterverf skep, word verder geïnspiree­r deur sy tyd saam met sy pa in Cradock - waar die landskappe sy aandag getrek het - en ook van die

Franse kunstenaar­s soos Claude Monet en Paul Cézanne. "Hulle het my aandag baie getrek."

Wat tog vir hom frustreren­d van skilder is, is wanneer hy iets nie kan regkry nie. "Dit vat partykeer baie lank om 'n skildery klaar te maak. Ek het sommige werke hier wat al byna 20 jaar staan."

Meer van Coetzer se geskiedeni­s

Vanaf Cradock het Coetzer sy skoolloopb­aan op Uitenhage, by Hoërskool Brandwag voltooi. Dit was juis hier in gr. 11, oftewel standerd nege, waar hy amptelik kuns as vak kon neem. Vroeër, op laerskool, het hy gereeld by landbousko­ue uitgestal en in die topdrie geplaas. "Dan kry jy 'n handvol geld," skerts hy. Coetzer onthou hoe hy altyd by die huis geteken en -skets het.

Wat hom gelok het na kuns toe, weet hy nie presies nie. "Dit was maar altyd daar, dit was net lekker gewees. Ek het altyd uit die koerant uit gesigte geteken van sê nou maar mense soos Verwoerd en al daai ouens. My ma het op 'n stadium so groot swartbord opgehang waarop ek geteken het. My broer het brûe geteken en ek het prentjies geteken," onthou hy met heimwee.

Hy het sy vrou, Alet, in Bloemfonte­in ontmoet waar beide studeer het. Daar het hy ook as kunsonderw­yser gewerk waarna hy die kurator van Oliewenhui­s geword het.

Die liefde vir Oudtshoorn is reeds gekweek toe hy hier by die Oudtshoorn Infanterie­skool offisierso­pleiding kom voltooi het. Hy is na Oudtshoorn, na Grahamstad en grens toe. Hy het homself daarna ingeskryf vir 'n BA in beeldende kuns, het sy HOD voltooi en ook sy honneursgr­aad in kunsgeskie­denis verwerf.

Na sy jare in onderwys, as lektor en kurator by Oliewenhui­s, het hy en sy vrou in 1993 Oudtshoorn toe verhuis en Bottega oopgemaak. In hierdie tyd het hy dan ook by Hoërskool Oudtshoorn aangesluit as kunsonderw­yser. In 1993/94, onthou hy, het die KKNK in Oudtshoorn begin en is Bottega net op die regte tyd oopgemaak. Coetzer is ook die pa van twee dogters. Regdeur al hierdie gebeurteni­sse in sy lewe, vertel Coetzer, het hy altyd geskilder. En natuurlik sien hy baie uit daarna om sy versamelin­g kunswerke oor meer as vier dekades vir mense te kan uitstal. "Dit is ’n groot mylpaal. Ek wil hê mense moet sien wat ek gedoen het, en ek self wil ook sien. Teruggaan op my spoor en sien hoe ek dit gedoen het en wat ek gedoen het."

 ?? Foto’s: Stefan Goosen ?? Johan Coetzer in sy ateljee in Oudtshoorn, besig om aan nog ‘n skildery vir sy uitstallin­g te werk.
Foto’s: Stefan Goosen Johan Coetzer in sy ateljee in Oudtshoorn, besig om aan nog ‘n skildery vir sy uitstallin­g te werk.
 ?? ?? Een van die skilderye wat Johan Coetzer reeds in 1978 as jong kunstenaar voltooi het.
Een van die skilderye wat Johan Coetzer reeds in 1978 as jong kunstenaar voltooi het.
 ?? ?? Een van die portrette wat Johan Coetzer reeds in 1978 voltooi het.
Een van die portrette wat Johan Coetzer reeds in 1978 voltooi het.
 ?? ?? Een van die meer abstrakte skilderye deur Johan Coetzer.
Een van die meer abstrakte skilderye deur Johan Coetzer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa