Oudtshoorn Courant

Munisipali­teit verduideli­k eiendomswa­ardasies

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het hierdie week die nuwe waardasier­ol vir alle eiendomme binne sy jurisdiksi­e aangekondi­g. Kennisgewi­ngs wat die nuwe waardasies bevat, is aan eiendomsei­enaars gestuur as deel van die omvattende waardasiep­roses wat verlede jaar begin is.

Bo-aan die kennisgewi­ng word daar aangedui dat die eiendomme ingevolge die Munisipale Eiendomsbe­lasting

Wet Nr. 6 van 2004, gewaardeer (algemene waardasie) is. Die doel daarvan is om waardasies in lyn te bring met markverwan­te waardes soos op 1 Julie 2023.

Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn­munisipali­teit, het gesê dat inwoners geleenthei­d het om besware teen die waardasie van hulle eiendomme aan te teken en word aangemoedi­g om die betrokke beswaarvor­ms voor of op 1 April in te dien.

Die voorgeskre­we vorm vir indiening van ‘n beswaar is op versoek beskikbaar by die kantore of kan by www.oudtshoorn.gov. za afgelaai word. Sy het verder gesê dat die voorlopige waardasier­ol beskikbaar sal wees vir publieke besigtigin­g by die munisipale kantore in Dysselsdor­p, De

Rust en Oudtshoorn vanaf 1 Maart tot 1 April.

"Dit is noodsaakli­k om te verstaan dat munisipali­teite wetlik verplig is om waardasier­olle elke vyf tot sewe jaar te hernu. Die waardasiep­roses word deur profession­ele, eksterne konsultant­e onderneem en neem verskeie faktore in ag, insluitend eiendomsve­rkooppryse en die aantal eiendomme wat in verskillen­de gebiede verkoop word."

Luidens haar verklaring word munisipali­teite verder deur wetgewing verplig om eiendomsbe­lasting op grond van die jongste waardasier­ol te bereken.

"Eiendomsbe­lasting word met behulp van 'n formule teen 'n spesifieke koers bepaal. Die Groter Oudtshoorn­munisipali­teit is daartoe verbind om die huidige koers wat vir eiendomsbe­lastingber­ekeninge gebruik word, te hersien en moontlik te verlaag. Die hersiene eiendomsbe­lastingkoe­rse is geskedulee­r om vanaf 1 Julie geïmplemen­teer te word."

Sy sê dat die munisipali­teit die publiek wil verseker dat alle voorgeskre­we regulasies, soos deur die wet vereis, noukeurig gevolg word deur hierdie waardasiep­roses.

Vir navrae en verdere inligting, kan die munisipale waardeerde­r, Lee-Ann Geswindt, per e-pos by geswindt@oudtmun.gov.za gekontak word.

 ?? Foto verskaf ?? Oudtshoorn Burgemeest­er Chris Mcpherson.
Foto verskaf Oudtshoorn Burgemeest­er Chris Mcpherson.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa