Oudtshoorn Courant

Gift of the Givers help in Ladismith

- LIEZL VAN NIEKERK

Gift of the Givers het, na ingryping van 'n onderwyser van Laerskool Towerkop in Ladismith, ingegryp en aan 500 behoeftige gesinne kospakkies voorsien.

Volgens Keith Meyer, die onderwyser wat die nood raakgesien het en vir hulp van Gift of the Givers gevra het, was daar baie gesinne wat weens die kragonderb­reking, wat dele van die Karoo lamgelê het, sonder kos gelaat is.

Kragtoevoe­r was vir meer as 'n week afgesny as gevolg van transmissi­etorings wat op 2 Februarie weens 'n storm omgeval het. Dié onderbreki­ng het onder meer inwoners van Ladismith geraak en omdat daar geen elektrisit­eit was nie, was dit moeilik om kos in yskaste en vrieskaste te berg.

Emily Thomas-Paulse, projekleie­r van die Gift of the Givers-span, het gesê dat sy 'n e-pos ontvang het waarin Meyer die situasie rondom die kragonderb­reking verduideli­k, sowel as die gevolge daarvan op die gemeenskap.

Dit het die span net twee dae geneem om alles bymekaar te kry. Hulle het die skool op Woensdag, 14 Februarie besoek en kospakkies aan die mees behoeftigs­te leerders uitgedeel.

Volgens Thomas-Paulse het die pakkie basiese produkte soos boontjies, mieliemeel, blikkes vis, pasta, pap en twee vyf liter waterkanne bevat.

Meyer het gesê dat hy na Gift of the Givers uitgereik het omdat hy gesien het hoe swaar die gemeenskap kry. Die oorhandigi­ng van die pakkies het glad verloop en was die dankbaarhe­id op die gesigte van ouers opmerklik.

Thomas-Paulse het gesê dat sy die opgewonden­heid onder die kinders waargeneem het.

Intussen het nog ’n ramp Ladismith getref toe daar tekens van die E. colivirus in die drinkwater opgespoor is. Die Kannaland-munisipali­teit het die inwoners versoek om eers water te kook voor dit gebruik word . Geen verdere verklaring hieroor is nog ontvang nie.

 ?? ?? Die kospakkies wat aan leerders uitgedeel is.
Die kospakkies wat aan leerders uitgedeel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa