Oudtshoorn Courant

Inwoner wil jukskei laat herleef

- LIEZL VAN NIEKERK

Pieter Heydenrych (85), 'n nuwe inwoner van Oudtshoorn, het dit sy doel gemaak om jukskei in Oudtshoorn te laat herleef.

Heydenrych en sy vrou, San, het 'n paar maande gelede in Oudtshoorn kom woon om nader aan hul dogter, Dina Coleske, te wees. Hy was in sy jonger dae 'n kranige sportman en het tot op 45-jarige ouderdom nog vir Oos-Vrystaat rugby gespeel.

"Ek het in Naboomspru­it afgetree en daar was ek ongeveer vyf jaar by jukskei betrokke. Toe ek hier aankom het ek 'n sport gesoek waarby ek kon aansluit, maar ek het besef dat hier nie geweldig baie is om van te kies as jy ons ouderdom is nie. Dit gaan ook oor samesyn en deel word van die gemeenskap van Oudtshoorn. Ek het bietjie rondgevra en uitgevind dat hier wel jukskeiban­e is en toe besluit om die water te toets en te kyk of hier nog mense is wat sal belangstel. My groot doel is om die fokus te plaas op aktiwiteit­e waaraan ouer mense ook kan deelneem. Jukskei is ideaal, want dit werk nie op jou knieë nie."

Volgens hom is jukskei ook nie net 'n sport vir bejaardes nie, maar kan deur enige persoon van enige ouderdom gespeel word. Die spel bestaan uit die gooi van ‘n skei, oor ‘n vasgesteld­e afstand, in die rigting van die pen, wat in die sandput geplant is.

Dit word in spanverban­d van twee of meer persone gespeel. Die spanlede hoef ook nie dieselfde ouderdom te wees nie.

"Jy kan saam met iemand van enige ouderdom in 'n span wees. Jy hoef ook nie vreeslik sportief te wees nie, jy moet net mooi kan korrel," skerts hy.

Heydenrych sê die uiteindeli­ke doel is om jukskeikam­pioenskapp­e na Oudtshoorn te bring.

"Die dorp het soveel potensiaal. Dalk kan ons die liefde vir die sport in omliggende dorpe aanwakker en nog spanne kry om deel te neem. Die munisipali­teit het ook onderneem om na afloop van die KKNK die jukskeiban­e by die De Jagersport­kompleks te herstel."

Henry Gerber, voorsitter van SWDjukskei Eden-distrik en bestuursli­d van die Wes-Kaapse Jukskei Federasie, sê dat Oudtshoorn jare gelede 'n jukskeiklu­b gehad het, maar dat dit iewers doodgeloop het.

"Daar is klubs regoor die Eden-distrik waaronder Hartenbos, Riversdal en George. Ons is veral op soek na jong spelers wat by ons kan aansluit. Dit sal fantasties wees as ons weer in Oudtshoorn kan begin en toernooie daar aanbied."

Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, het gesê die munisipali­teit sal na afloop van die KKNK die herstel van die baan oorweeg.

Die jukskeiklu­b sou eers vasstel hoeveel belangstel­ling daar is vir die sport om te bepaal hoeveel putte oopgegrawe moet word.

Enigiemand wat belangstel om deel van Oudtshoorn se jukskeiklu­b te word kan Gerber by 073 703 4311 kontak.

Jukskei is nie net ‘n sport vir bejaardes nie, maar kan deur enige persoon van enige ouderdom gespeel word.

 ?? ??
 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Pieter Heydenrych (85) demonstree­r hoe om die skei te gooi.
Foto: Liezl van Niekerk Pieter Heydenrych (85) demonstree­r hoe om die skei te gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa