Oudtshoorn Courant

Vetpret by Eljada Kairos Skool

- WYNDHAM EWERTS

Eljada Kairos Skool se atletiekby­eenkoms verlede week by De Jager-sportkompl­eks se tartanbaan het vir groot opwinding gesorg.

Ouers en ondersteun­ers het reeds vanaf 07:30 opgeruk na die atletiekba­an om die atlete te ondersteun.

Alhoewel daar vooraf reën geval het, het dit opgeklaar waarna die byeenkoms in koel en ideale weerstoest­ande vir naellope voortgesit is. Die vorige dag is die velditems afgehandel wat diskus, verspring, gewigstoot en spiesgooi ingesluit het.

Eerste aan die beurt was die rolstoelat­lete wat die dag op 'n hoë noot in hul naellope begin het. Die atlete, wat bygestaan is deur personeel van die skool om die rolstoele te stoot, was sigbaar opgewonde en het hul wit pom-poms gedurende die resies entoesiast­ies vir die juigende skare gewaai.

Atlete wat kwalifisee­r vir rolstoelre­sies sluit atlete in met geamputeer­de ledemate, rugmurgbes­erings, serebrale gestremdhe­id en swaksiendh­eid (gekombinee­r met 'n ander gestremdhe­id).

In die res van die naellope was daar hope talent te bespeur met atlete wat periodiek soos die wind oor die tartanbaan gevlieg het. In sommige wedlope was die wil van die vlees om die wedloop te voltooi, 'n selfs groter oorwinning as die eerste atleet oor die wenstreep. So het trotse ouers by die wenpaal geduldig en aanmoedige­nd vir hul bloedjies gewag en spontaan omhels met hul prestasie. Ander atlete se ouers het sommer saam met hul kleintjies by die wegspringb­lokke aangetree - iets wat die atlete selfs meer aangedryf en geniet het. Al die skool se rolstoelat­lete gaan die komende naweek aan die Outeniqua Chair Challenge (OCC) in George deelneem. Hierdie 5 km-sirkelwedl­oop spring weg by Carpe Diem Skool wat strek deur Yorkstraat.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die atlete in die rolstoelaf­deling het mekaar die stryd aangesê in die 60 m. Van links is Adrihano Pinsloo en Nikiwe Arnoldus.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die atlete in die rolstoelaf­deling het mekaar die stryd aangesê in die 60 m. Van links is Adrihano Pinsloo en Nikiwe Arnoldus.
 ?? ?? Luseko Nombande laat wiel eindstreep toe.
Luseko Nombande laat wiel eindstreep toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa