Oudtshoorn Courant

Van Reede bring majors-span op die been

- WYNDHAM EWERTS

Van Reede het verlede Donderdag aangekondi­g dat hulle 'n grens oorgesteek het wat bitter min skole in die Suid-Kaap of Suid-Afrika al gedoen het, en dit is om 'n trompoppie­s majors-span (seuns) op die been te bring.

Volgens een van die leerkragte en gesoute trompoppie-afrigters in die SWD-streek, Ronald Presher, het die idee gestalte gekry toe al hoe meer seuns begin navraag doen het of hulle ook mag deelneem aan 'n sportsoort wat tradisione­el deur dogters beoefen word.

Presher verduideli­k dat die oorspronkl­ike beoefening van trompoppie­s 'n militêre oorsprong het.

"Destyds het die soldate met hul wapens en drilsessie­s geparadeer en ons seuns sal ook slegs in die majors-span meeding," het

Presher gesê.

Presher noem verder dat die afrigters verbaas was deur die natuurlike talent wat die seuns verlede week op die eerste dag van oefening ten toon gestel het.

"Ons afrigters het verwag dat hulle effe gaan sukkel, maar dit was glad nie die geval nie. Die gevoel vir die sportsoort is daar, nou is dit net die fynere kunsies wat aangeleer moet word. Selfs die hantering van die 'rifles' wat hul apparate is, was nie uitdagend nie. Ons het beslis iets hier beet, maar soos enige dissipline in die lewe sal deursettin­gsvermoë en ywer die deurslag gee. Die SWDkampioe­nskappe is oor 'n paar maande en dan sal ons 'n ware aanduiding hê van waar ons is, maar ek het 'n gevoel die manne gaan vir niemand terugstaan nie."

Tans is daar bykans 70 leerders van gr. 4 tot gr. 9 van die skool wat by dié span aangesluit het en oefeninge is weeksdae na skoolure by die skool se saal. Slegs leerders verbonde aan Van Reede mag vir die majors-span inskryf. Presher het ook ander skole uitgedaag om ook major-spanne op die been te bring.

'n Gr. 6-leerder was dit eens dat dit lekker is om deel van hierdie span te kan wees.

"Dit is iets nuuts by ons skool, dis hoekom ek dit probeer. Ek het ons laaste sessie baie geniet."

Nog 'n leerder, Karobo Nakin, het gesê dat hy altyd die dogters sien deelneem het aan die sportkode en die feit dat hy ook nou kan deelneem, hom opgewonde maak.

"Ek het ook nou die kans om provinsial­e of Protea-kleure te kry vir trompoppie­s en as ek goed genoeg vaar, selfs deelneem aan die wêreldkamp­ioenskappe oor 'n paar jaar."

Vir verdere inligting kontak die voorsitter van SWD-trompoppie­s (SWDMCA) Megan Presher by mpresher@vanreede. co.za.

 ?? Foto verskaf ?? Megan Presher, onderwyser by Van Reede en afrigter maak die leerders touwys hoe om die ‘rifles’ te hanteer.
Foto verskaf Megan Presher, onderwyser by Van Reede en afrigter maak die leerders touwys hoe om die ‘rifles’ te hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa