Oudtshoorn Courant

Donker dae vir Donkerhoek

- WYNDHAM EWERTS

Gemeenskap­slede van die Donkerhoek informele nedersetti­ng in Dysselsdor­p het Maandag 26 Februarie 'n protesaksi­e begin om hul ontevreden­heid te kenne te gee, rakende 'n uitsetting­sbevel van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t (TRDM) wat verlede week op die inwoners gedien is.

Daar woon meer as 100 gesinne. Gemeenskap­sleier en voormalige raadslid, Leon Campher, het aan Oudtshoorn Courant gesê dat hy dit vreemd vind dat die TRDM die uitsetting­sbevel gedien het, omdat hy en ander inwoners onder die indruk was dat die grond aan die Oudtshoorn-munisipali­teit behoort.

"Die Oudtshoorn-munisipali­teit het selfs in die verlede toiletgeri­ewe, ligte en selfs water aan Donkerhoek se mense voorsien. Nou hoor die mense dis eintlik nie die munisipali­teit se grond nie en dat hulle nou op straat gaan sit. Waarheen gaan al die mense sonder 'n alternatie­we woning? Ons plan is nou om met die Oudtshoorn-munisipali­teit te skakel sodat hulle kan intree om die grond op hulle naam te plaas, aangesien Dysselsdor­p deel vorm van die groter Oudtshoorn-munisipali­teit."

Volgens Campher het die gemeenskap verlede week vir die eerste keer bewus geword van 'n bestaande huurooreen­koms tussen die Gona Hesse Khwe Khoi-gemeenskap en TRDM wat op dieselfde grond van Donkerhoek geleë is.

"Dit is waar die confusion inkom. Dié huurooreen­koms het absoluut niks met die gemeenskap van Donkerhoek te doen nie, alhoewel ons nou bewus gemaak is dat die Gona Hesse Khwe-gemeenskap se grond deel vorm van Donkerhoek. Dit skep 'n prentjie dat Gona Hesse Khwe-gemeenskap verantwoor­delik is dat Donkerhoek se mense wat daar woon, wat nie die geval is nie. Donkerhoek se mense woon al vir ses jaar op die grond, lank voordat die Gona Hesse Khwe-gemeenskap 'n huurooreen­koms met TRDM aangegaan het. Ons eis dat 'n TRDM- of ODN-munisipale amptenaar hulle

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die polisie se Openbare Orde-eenheid (Pops) het deurentyd orde gehandhaaf.
Een van die betogers wys die skokgranaa­t wat die polisie glo afgevuur het.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die polisie se Openbare Orde-eenheid (Pops) het deurentyd orde gehandhaaf. Een van die betogers wys die skokgranaa­t wat die polisie glo afgevuur het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa