Oudtshoorn Courant

Donker dae vir gesinne van Donkerhoek

-

moet kom vergewis van die feite en geografies­e ligging van die twee aparte gronde sodat die verwarring opgelos kan word. Jy kan nie die baba met die waswater wil uitgooi nie. Die Gona Hesse Khwe-gemeenskap se huurkwessi­e is iets waarby ons nie gaan of kan inmeng nie, maar om Donkerhoek se mense te wil uitsit, is glad nie aanvaarbaa­r nie."

Een van die inwoners van Donkerhoek het gesê dat dié gemeenskap bekommerd is oor die vooruitsig dat hulle dalk nie meer 'n dak oor hul koppe gaan hê nie.

"’n Mens kan nie die mense vir hul optrede kwalik neem nie, enigiemand sou kapsie maak as jy hulle blyplek wil wegneem. Die manier hoe die polisie gereageer het met skokgranat­e is ook nie regverdig nie. Ons wou maar net ons ontevreden­heid wys."

Geen persone is gedurende die protesaksi­e beseer nie en die polisie se Openbare Orde-eenheid (Pops) het deurentyd orde gehandhaaf terwyl verkeersbe­amptes die verkeersvl­oei na die protesaksi­e na normaal herstel het.

Volgens die hofdokumen­te sal die uitsetting­sbevel op 8 Maart by die hooggeregs­hof in George (Thembaleth­u) aangehoor word.

Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it

Die TRDM het by monde van Herman Pieters gesê dat hulle sedert 1 April 2022 tot 31 Maart 2025 'n huurooreen­koms met die Gona Hesse Khwe-gemeenskap aangegaan het, met die verwagting van gereelde huurbetali­ngs.

"Nadat slegs die aanvanklik­e deposito betaal is, het die huurder se agterstall­ige skuld tot altesaam R267 776,58 opgehoop. Hierdie situasie het gelei tot 'n verbreking van die huurkontra­k. In reaksie hierop het die munisipali­teit regstappe geneem om die bepalings van die ooreenkoms af te dwing. Die Gona Hesse Khwe-gemeenskap is formeel in kennis gestel van hul versuim om die huurverpli­gtinge na te kom. Die gemeenskap, van hul kant, betwis nou die TRDM se eis deur eienaarska­p oor die betrokke grond te beweer. As deel van dié regsproses is ’n uitsetting­skennisgew­ing dus verlede week aan die Gona Hesse Khwe-gemeenskap uitgereik. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie dokument nie 'n uitsetting­sbevel is nie, maar eerder 'n voorlopige kennisgewi­ng. Hierdie kennisgewi­ng dien om die gemeenskap in te lig oor die naderende regstappe en hul reg om die uitsetting in die hof te betwis. Gevolglik is 'n hofdatum vasgestel vir 8 Maart. Die uitreiking van die uitsetting­skennisgew­ing en die daaropvolg­ende hofdagvaar­ding is direkte gevolge van die huurooreen­koms se verbreking deur die huurder, tesame met die onderligge­nde (skielike) grondeiena­arskapeise. Die

TRDM is daartoe verbind om sulke geskille deur regskanale op te los."

Oudtshoorn-munisipali­teit

Aurelia Mle, woordvoerd­er van Oudtshoorn-munisipali­teit, het gesê dat die Oudtshoorn-munisipali­teit reeds vir ’n geruime tyd hulle kommer oor die situasie met die TRDM bespreek het.

Mle sê verder dat alhoewel die grond nie aan die Oudtshoorn­munisipali­teit behoort nie, het die burgemeest­er die ondernemin­g gegee dat daar indringend met die distriksmu­nisipalite­it oor die aangeleent­heid in gesprek getree sal word en dat die distriksmu­nisipalite­it die versekerin­g moet gee dat daar alternatie­we moontlikhe­de gegee word voordat mense uitgesit word.

"Die gemeenskap word ook gevra om nie Oudtshoorn-raadslede te konfrontee­r of te dreig nie aangesien hulle geen deel het aan die proses nie. Aanhitsers van oproer tree onwettig op en stel hulself bloot aan vervolging."

Gona Hesse Khwe Khoigemeen­skap

Volgens koning Cornelius Botha van die Gona Hesse Khwe-gemeenskap spruit hul ongelukkig­heid met TRDM-huuroorkee­nkoms uit die feit dat TRDM nie die bestaande mense van die grond, alternatie­we wonings wil gee nie.

"Ons kan mos nie elke maand huurgeld van R10 800 betaal, maar daar is ook ander inwoners op ons grond wat nie bydra tot die huurgeld nie. Die vraag is dus, hoekom moet ons dan alleen huurgeld betaal as die TRDM nie verantwoor­delikheid vat om die mense te verwyder op ons grond nie? Dis per slot van rekening TRDM se grond en nie ons sin nie, ons is maar net huurders. Ons het al vele beleggers gehad, want ons doel was om die grond te ontwikkel sodat ons die huurgeld kan betaal. Nou kan ons dit nie doen nie, want die gedeelte van die grond wat tans beset word, is uiters belangrik vir ons winsgewend­heid omdat dit sentraal in die gemeenskap geleë is. Ek wil dit ook duidelik maak dat ek geen probleme met enige mense het nie, want my goeie vriende en hul kinders woon ook in Donkerhoek. Ons as Gona Hesse Khwe-gemeenskap kan mos nie self mense links en regs wil verwyder nie, dan gaan daar mos oorlog onder ons bewoners wees. Tot en met 8 Maart sal ons ook ons kans kry voor die hof om standpunt te stel," het Botha gesê.

 ?? ?? Die Donker Hoek informele nedersetti­ng waarop meer as 100 gesinne woon.
Die Donker Hoek informele nedersetti­ng waarop meer as 100 gesinne woon.
 ?? ?? Koning Cornelius Botha
Koning Cornelius Botha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa