Oudtshoorn Courant

Man vergeet ID in huis waar hy inbreek

- GARNETT WICOMB

‘n 31-jarige man van Matjiesriv­ier buite Oudtshoorn, wat sy identiteit­sdokument in die huis waar hy ingebreek het agtergelaa­t het, is verlede week in die Oudtshoorn­streekhof gevangenis­straf van 16 jaar opgelê nadat hy op twee aanklagte van huisbraak, en een van roof met verswarend­e omstandigh­ede skuldig bevind is.

Op drie ander aanklagte van bemoeiing met ‘n lid van die mag, opsetlike saakbeskad­iging en aanranding van ‘n polisiebea­mpte is hy vrygespree­k.

Jason Farao het op 17 Junie 2022 by die woning van Clayton Zeelie ingebreek en op 8 Oktober dieselfde jaar by Voorbedach­t Primêr.

In die huis van Zeelie het hy verskeie items in ‘n sak gepak, waaronder sy ou skoene, nadat hy ‘n paar tekkies van Zeelie aangetrek het.

Hy het Zeelie se vriend, Gareth Ross, met ‘n mes gedreig toe Ross wakker geword het om badkamer toe te gaan en toe hy vlug het hy die sak, waarin sy identiteit­sdokument was, op die toneel vergeet.

Streekland­dros Daniel Boks het met vonnisople­gging gesê dit is duidelik dat Farao ‘n gevaar vir die mense van Matjiesriv­ier inhou en lank uit die gemeenskap geneem moet word.

“Die beskuldigd­e gee nie om vir die kinders van Matjiesriv­ier se toekoms nie en om by ‘n huis in te breek terwyl daar mense binne is, is gevaarlik. Een kon dood gewees het. Die beskuldigd­e het ook geen ander keuse gehad om skuldig te pleit nie want hy het ‘n belangrike dokument op die toneel vergeet. Die misdade getuig van absolute wetteloosh­eid en barbaarshe­id.”

Farao is op aanklag een, inbraak by die skool, tot ses jaar gevangenis­straf gevonnis en tien jaar op aanklag twee en drie, huisbraak en roof, opgelê.

 ?? ?? Foto: Liezl van Niekerk
Foto: Liezl van Niekerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa