Oudtshoorn Courant

ODN-skole ontvang pryse vir groentetui­ne

-

LIEZL VAN NIEKERK EN STEFAN GOOSEN

Twee skole van Oudtshoorn het verlede week toekenning­s ontvang vir die Wes-Kaap se 2023 provinsial­e skooltuink­ompetisie.

Bongolethu Primary spog met die eerste plek, terwyl Oudtshoorn Vaardighei­dskool 'n tweede plek in die C-afdeling van die Nasionale Skoolvoedi­ngsprogram (NSVP) ontvang het. Die direkteur van die NSVP in die Wes-Kaap, Lindelwa Sopotela, het spesiaal die skole verlede Woensdag, 21 Februarie, besoek om hul persoonlik geluk te wens en 'n sertifikaa­t te oorhandig.

Sopotela het gesê dat dit uitstekend­e prestasies is, siende dat die skole hul groentetui­ne in 2022 begin het. Die afdeling sluit skole in wat in dorre of droë gebiede geleë is. Vaardighei­dskool het prysgeld van R10 000 ontvang en Bongolethu Primary het R15 000 ontvang.

Bongolethu Primary

Yoliswa Jafta, skoolhoof van Bongolethu Primary, sê hulle is geweldig trots op die skool se prestasie.

"Die eer moet eintlik gaan aan Tsebiso Marenene, ons tuinier. Hy het geweldig hard aan die tuin gewerk en kom self vakansies en naweke in om seker te maak dat die tuin natgemaak word, die onkruid uitgetrek word en dat alles veilig is."

Jafta sê die skool het 'n gerekenari­seerde besproeiin­gstelsel gehad, maar dit is kort na installasi­e gesteel.

"Die groente wat gekweek word, word nie net vir die skool se voedingske­ma gebruik nie. Ons tuin is so 'n groot sukses dat ons selfs van die groente kan verkoop. Die wins wat gegenereer word, word weer in die tuin in geploeg," verduideli­k sy.

Volgens haar is die onderwyser­s en leerders van die skool ewe entoesiast­ies.

"Die tuin word ook in onderrig gebruik. In party van die vakke leer die kinders van die tipe grond waarin geplant kan word, of gewasse, of besproeiin­gstelsels. Ons kan hulle nou na die tuin toe neem en dan kan hulle sien hoe groei die plante of voel hoe voel die grond. Hulle sit dus nie net heeldag in die klas nie, maar kom buite en beleef goed prakties en wek nuwe belangstel­ling in die werk."

Die projek is so suksesvol dat van die ouers, leerders en onderwyser­s al begin om self hul eie groentetui­ne te plan.

"Ons beoog om dit nog uit te brei sodat ons wins vir die skool kan genereer en miskien 'n ordentlik sportveld vir die kinders kan bou."

Marenene sê hy het niks van tuine en plant geweet nie. "Ek het maar myself geleer, maar geniet wat ek doen geweldig baie. Ek is trots op dit wat ek bereik het."

Marenene het reeds besig om 'n tweede groentetui­n by die skool te plant.

Vaardighei­dskool

Volgens die hoof, Gavin Block, is die skool baie oorweldig met hul eerste probeersla­g en die tweede prys in die kompetisie.

"Ons is nuut in die kompetisie, maar dit gaan nie soseer oor die kompetisie nie, dit gaan oor die deelname en betrokkenh­eid. Ons het besef watter waarde dit kan toevoeg tot die skool en wat dit beteken vir ons kinders en die skoolgemee­nskap. Ons praat baie van volhoubaar­heid en kosvoorsie­ning en hier het ons dit ervaar, hoe 'n groentetui­nprojek waarde kan toevoeg tot 'n skool," het hy gesê.

Buiten die skool se hooftuinie­r, Hendrik Oktober, het van die skool se leerders ook betrokke geraak met die natmaak van die tuin en die oes van die groente.

Op die oomblik word meeste van die oes van die skool se groentetui­n na die Vaardighei­dskool se koshuis gestuur om te verseker dat daardie leerders 'n gebalansee­rde dieet kry, en ander groente van dieselfde oes word dan vir die skool se voedingspr­ogram gebruik.

"Die prysgeld gaan primêr terug in die groentetui­n gestoot word om saad, plantjies ensovoorts aan te koop en sal verder gebruik word om die groentetui­n te beskerm teen die skroeiende Oudtshoorn hitte.

Ons wil kyk in hoe 'n mate ons die groentetui­n kan beskerm met nette of 'n tonnel om te verseker dat ons groente nie verbrand word nie," het Block gesê.

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Yoliswa Jafta (skoolhoof), Portia Gudla (koördineer­der), Tsebiso Marenene (tuinier) en Victoria Manele (onderwyser) spog met Bongolethu se wentuin.
Foto: Liezl van Niekerk Yoliswa Jafta (skoolhoof), Portia Gudla (koördineer­der), Tsebiso Marenene (tuinier) en Victoria Manele (onderwyser) spog met Bongolethu se wentuin.
 ?? Foto verskaf ?? Leerders van Bongolethu Primary leer van verskillen­des tipes grond.
Foto verskaf Leerders van Bongolethu Primary leer van verskillen­des tipes grond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa