Oudtshoorn Courant

APD op pad na KKNK

- LIEZL VAN NIEKERK

Oudtshoorn APD (Associatio­n for Persons with Disabiliti­es) gaan vanjaar vir die eerste keer 'n stalletjie by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees hê om die produkte wat hulle maak te verkoop.

Leanne Jaftha, maatskapli­ke werker by APD, verduideli­k dat hulle 'n organisasi­e verbonde aan die departemen­t maatskapli­ke ontwikkeli­ng is, wat spesifiek met persone met gestremdhe­de werk. Hulle het 'n kleutersko­ol vir kinders met gestremdhe­de, maar het ook werkswinke­ls vir volwassene­s met gestremdhe­de in Oudtshoorn en in Dysselsdor­p.

"Die volwassene­s maak reeds vir 'n geruime tyd goedjies soos welkombord­jies, geskenkpap­ier, lapsakke en self oorbelletj­ies uit volstruise­ierdoppe, maar ons kon dit nooit in grootmaat vervaardig nie, omdat ons nie die finansieri­ng of die gereedskap gehad het nie. Die jaar het ons finansieri­ng van BASA, die departemen­t van sport, kuns en kultuur, sowel as die Presidenti­al Employment Stimulus ontvang wat vir 'n jaar geldig is. Dit het ons is staat gestel om gereedskap te koop sodat ons die eierdoppe kan knip, afskuur en gaatjies in boor. Die finansieri­ng is vir 'n jaar geldig en maak selfs voorsienin­g 'n loon vir die persone wat dit maak."

Lisa Cooper, program-implemente­erder van APD, sê die nuwe projek is vir hulle baie opwindend.

"Hier is tans, met die Dysselsdor­p-tak, 44 volwassene­s. Ons werk met persone met verskillen­de tipes gestremdhe­de. Baie van hulle is byvoorbeel­d fisies gestremd weens beroertes of breinvlies­ontsteking as kind en kan dalk net een hand gebruik. Vir hulle om met soveel fyn detail te werk is absoluut ongeloofli­k. Hulle werk met groot trots om die oorbelle te maak."

Cooper sê sy hoop dat wanneer die mense die oorbelle koop, hulle sal besef hoe uniek elke item is.

"Ons het mense wat die vorms vir die oorbel met 'n potlood op die eierdop trek. Dan is daar mense wat die vorm met tangetjies uitknip. Die geknipte doppe gaan dan aan die span wat die afskuur tot al die kante mooi gelyk en glad is. Van daar af word die gaatjies met 'n fyn handboortj­ie geboor. Die oorbelle word daarna versier en aanmekaarg­esit, voordat dit verpak word."

Volgens haar is elke persoon wat iets vervaardig geweldig trots op wat hulle doen.

"Dit verg baie inspanning van hulle om als perfek reg te kry, maar hulle is so trots op hulself wanneer die finale produk klaar is en hulle weet dat hulle absoluut net hul beste gedoen het om dit te vervaardig. Vandat ons finansieri­ng gekry het en die regte gereedskap het om als te doen en mooi te versier, is dit vir hulle soveel lekkerder."

Cooper sê wanneer die fees verby is, hoop hulle om met die produksie van hul items voort te gaan sodat hulle hul produkte aan besighede kan verskaf.

"Ons hoop om 'n wins te kan genereer sodat ons meer vir ons kliënte kan doen."

Vir meer inligting kan APD by 044 272 2106 gekontak word.

 ?? ?? Unieke handgemaak­te oorbelle.
Unieke handgemaak­te oorbelle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa