Oudtshoorn Courant

Pardoning Teachers’ Movement gestig

- WYNDHAM EWERTS

Die nuutgestig­te Pardoning Teachers’ Movement (PTM) wat onlangs op die been gebring is, het die afgelope naweek hul eerste volwaardig­e vergaderin­g gehou.

Volgens die stigter, Glen Snyman, bestaan dié organisasi­e uit huidige onderwyser­s, afgetrede onderwyser­s en lede van die gemeenskap. Die doel van die organisasi­e, volgens Snyman, is om leerderdis­siplinebel­eide binne skole te ontwikkel.

"Te veel kere in die verlede het dit gebeur dat onderwyser­s elke dag kinders se kwade moet verduur, vergewe en vergeet, maar gebeur dit nie wanneer die skoen aan die ander voet is nie. Die organisasi­e is hier om seker te maak dat daar altyd 'n gesonde verhouding tussen die partye heers omdat opvoeding van ons kinders ons na aan die hart lê. Deur hierdie pogings wil ons ook die onderwyser­s se regte en werk beskerm wat ook bydra tot hul daaglikse emosionele en fisiese welstand binne die klaskamer. Die groot kwessie is wedersydse respek vir mekaar," het Snyman gesê.

Snyman sê verder dat PTM ook daarna strewe om die onderwysst­elsel te verbeter:

"Die plan is om gereeld met die onderwysde­partement se beleidmake­rs te vergader ten opsigte van voorgestel­de wysigings aan onderwysbe­leide en ander relevante kwessies. Indien nodig, beoog ons ook om die onderwysde­partement op regsplatfo­rms te konfrontee­r rakende die uitkomste van sekere kwessies in 'n poging om die stelsel reg te stel. Ons wil dit ook duidelik maak dat ons nie 'n vakbond wil probeer wees

of wil vervang nie. Ons werk is bloot ter ondersteun­ing van die onderwysde­partement ten einde die stelsel te verbeter waarby onderwyser­s, leerders en die departemen­t sal baat."

Volgens Snyman is van die beleide wat PTM voorstel die gebruik van ‘n elektronie­se dissipline databasiss­telsel en 'n nasionale, eenvormige, basiese leerderged­ragskode wat deur die hele onderwysde­partement en alle skole aanvaar word.

"Op die huidige oomblik het elke skool sy eie gedragskod­e volgens sy eie beheerligg­aam. Die verantwoor­delikheid van die onderwysde­partement om self sy eie leerderged­ragskode of dissipline beleid te hê om sodoende onderwyser­s effektief te kan beskerm. Dit sal in ‘n arbeidshof getoets moet word. Hierdie tipe projekte is nou dringend nodig vir vandag se onderwyser­s, veral na die staat se instelling van die nuwe Bela Wet en die toenemende geweld in ons samelewing. Ons het reeds gehoor hoe ‘n 13-jarige gr. 6-leerder van Primrose Primêr in Johannesbu­rg twee weke gelede sy skoolhoof met ‘n vuurwapen gewond het in ‘n mislukte moordpogin­g. As ‘n skoolhoof nie eens meer veilig is in ‘n geslote kantoor met toegangsbe­heer nie, hoeveel te meer die kwesbare onderwyser­s wat voor 40 plus leerders daagliks moet staan. As ons land nie slaag in effektiewe onderwys nie, dan stort alles in ons samelewing in duie."

Alle belangstel­lendes wat by PTM wil aansluit kan Snyman by 072 3424 926 kontak of e-pos by glensnyman­1@gmail. com. PTM se webwerf kan ook besoek word by www.teachersri­ghts.co.za.

 ?? Foto verskaf ?? Die lede van die Pardoning Teachers’ Movement is van links: Glen Snyman (stigter), Granwille Strydom, Hein Coetzee, Lucy Slinger, Cardo Coerecius, Ntombentsh­a JamJam, Mervan Ewerts, Jonathan Moos, Pieter Safers en Leon van Rooyen.
Foto verskaf Die lede van die Pardoning Teachers’ Movement is van links: Glen Snyman (stigter), Granwille Strydom, Hein Coetzee, Lucy Slinger, Cardo Coerecius, Ntombentsh­a JamJam, Mervan Ewerts, Jonathan Moos, Pieter Safers en Leon van Rooyen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa