Oudtshoorn Courant

Bestuur van Wesbankten­nisklub herkies

- GARNETT WICOMB

Die bestuur van die Wesbank-tennisklub is tydens die klub se onlangse algemene jaarvergad­ering eenparig vir nog ‘n jaar herkies.

Die bestuur vir 2024/25 is Louis Uys (voorsitter), Louis Pienaar (ondervoors­itter), Theunis Kruger (tesourier), Danie Steyl (sekretaris), Dirk Potgieter, Hanlé Kok, Pieter van der Walt en Kobus Diepraam (bykomende lede).

Uys het in sy voorsitter­sverslag die bestuur bedank vir hul toewyding en dat hulle sonder vergoeding hul vrye tyd opoffer om aandag te skenk aan die sake van die klub.

Uys het die twee afrigters, Pieter van der Walt en JK Koch bedank vir hul positiewe bydrae om tennis onder jongmense aan te moedig en sodoende ook belangstel­ling in die klub se aktiwiteit­e te bevorder.

Hy het ook vier klublede wat onlangs gekies is om vir Suid-Afrika in wêreldtoer­nooie te gaan speel, gelukgewen­s.

Jacques de Beer en Rida Bester is gekies om in April in Mexiko, en Elmarie Lategan en Garnett Wicomb om in Maart in Turkye aan die Wêreld meesterste­nnistoerno­oi te gaan deelneem.

Ledegeld vir 2024/25 moes noodgedwon­ge verhoog word.

Gevolglik is ledegeld vir volle lede van R1 300 na R1 400 per jaar verhoog. Ledegeld vir diegene bo 70 jaar van R600 na R650, gesinspakk­ette vanaf R750 na R800, terwyl juniors se ledegeld onverander­d gelaat word op R400 per jaar en aansluitin­gsgeld R250.

Die klub het sosiale tennis op Woensdae, as gevolg van te min spelers wat daaraan deelneem, gekanselle­er en ook speelfooie vir Saterdae van R20 tot R30 verhoog.

Die koste vir besoekers bly onverander­d op R30 per speler per dag.

Belangstel­lendes wat by die klub wil aansluit kan die voorsitter by 082 835 8555 of die sekretaris by 078 469 3727 skakel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa