Oudtshoorn Courant

Toutrekkam­pioenskapp­e lok 100de

- WYNDHAM EWERTS

Die Timbercity Overberg Eden-toutrekbye­enkoms wat verlede Saterdag by die Oudtshoorn Vaardighei­dskool se sportterre­in plaasgevin­d het, het soos gewoonlik honderde toeskouers gelok. Vanjaar was dit ook die 10de keer dat hierdie byeenkoms aangebied is.

Volgens Gavin Block, hoof van Oudtshoorn Vaardighei­dskool asook organiseer­der van die toutrekbye­enkoms, het meer as 147 spanne van 27 skole met 'n totaal van 713 toutrekker­s vanjaar deelgeneem. Sowat 115 afrigters het hul onderskeie spanne vergesel met 28 beamptes wat die byeenkoms gereguleer het.

Hierdie statistiek is volgens Block 'n bewys dat die sportsoort teen 'n massiewe pas groei. Block was ook vol lof vir Laerskool Laurus en Laerskool Wesbank se entoesiasm­e om konstant goeie spanne in te skryf.

Timbercity is deur hulle borgskap, direk verantwoor­delik vir die groei van toutrek en Block het die eienaar, Andrè van Greunen, weer oudergewoo­nte bedank vir hul betrokkenh­eid.

Die dag is gekenmerk deur totale oorheersin­g van Oakdale in die seuns (stewels)afdeling in die kategorieë wat die 400 kg, 440 kg, 480 kg, 520 kg, 560 kg en 600 kg ingesluit het.

Wat die kleintjies in die kaalvoet-afdeling betref, het spanne soos Buffeljags­rivier en Suurbraak Primêr die toon aangegee. Die gasheer, Oudtshoorn Vaardighei­dskool beter bekend as die Valkies, kon 'n silwermeda­lje in die 520 kg gemengde stewels kategorie inpalm.

Vir baie atlete is hierdie toutrekkam­pioenskapp­e die hoogtepunt van die seisoen.

Die topspanne in hierdie kampioensk­appe gaan deur na die nasionale toutrekkam­pioenskapp­e wat vanaf 14 tot 16 Maart in Kimberley in die Noord-Kaap gehou word.

 ?? Foto verskaf ?? Die Valkies, kon ‘n silwermeda­lje in die 520 kg gemengde stewels kategorie inpalm.
Foto verskaf Die Valkies, kon ‘n silwermeda­lje in die 520 kg gemengde stewels kategorie inpalm.
 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? Oakdale se toutrekspa­nne het oorheers.
Foto: Wyndham Ewerts Oakdale se toutrekspa­nne het oorheers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa