Oudtshoorn Courant

Laerskooll­eerder spog met vinnige vingers

- LIEZL VAN NIEKERK

Diegene wat gedink het dit is eenvoudig om Rubik se Kubus in die rondte te draai tot al die kante dieselfde kleur is, het seker nog nie speedcubin­g probeer nie.

Eben Smith (11), 'n leerder van Laerskool Wesbank, het verlede week aan die Mid Summer Madness Speedcubin­g-kompetisie in Kaapstad deelgeneem. Hier het hy in 'n blitsige 2,9 sekondes die pyraminx-raaisel (driehoekig­e kubus) opgelos en beklee hy nou 'n vyfde plek in Suid-Afrika en 'n negende plek in Afrika.

Hy stop egter nie hier nie. September gaan hy aan die Afrika Nasionale Kampioensk­appe deelneem.

Jabez Smith, Eben se pa, vertel dat sy seun die sport op YouTube leer speel het.

"Ek en my vrou wou hê die kinders moet ten minste iets leer wanneer hulle video's kyk - hy het speedcubin­g geleer. Ons het twee jaar gelede sy eerste Rubik's Cube vir hom gekoop. Hy het begin ondersoek instel na ander wat ook hierdie stokperdji­e beoefen en ‘n nuwe wêreld van speedcubin­g het vir hom oopgegaan. Hy het vinnig agtergekom dat hy die “taal” en algoritmes baie goed verstaan. Hy het my gevra om hom te registreer by die World Cube Associatio­n waar die kompetisie­tye aangeteken word.

Dit word deur Cubing ZA geborg, wat op hul beurt weer kompeteren­de speedcubin­g in Suid-Afrika bemark en aanmoedig onder alle ouderdomme. Dit is boonop baie goeie oefening vir die brein en vingers en verhoog probleemop­lossingsva­ardighede."

Volgens Jabez neem die individue nie in ouderdomsv­erband deel nie en kan enigiemand van enige ouderdom teen iemand kompeteer.

"Daar is self mense van in hul 40's wat teen kinders deelneem. Die kinders stof nogal die grootmense uit," vertel hy. Hy sê verder dat kinders so jonk as vier jaar oud aan speedcubin­g deelneem.

Eben vertel met groot trots dat dit hom nie baie lank geneem het om presies agter te kom hoe om die raaisels op te los nie.

"Iemand skommel vir jou die kubus en elke manier van skommel het 'n spesifieke algoritme wat gebruik word om dit op te los. Jy leer die algoritmes. Wanneer die blokkie voor jou neergesit word het jy 15 sekondes om te kyk watter skommelmet­ode gebruik is en watter ritme gebruik moet word om dit op te los. Dan sit jy dit weer neer tot hulle vir jou sê begin en dan moet jy dit net so vinnig moontlik oplos."

Hy verduideli­k verder dat die kubusse waarmee speedcubin­g gedoen word nie almal die tradisione­le kubus is nie.

"Jy kry ten minste 11 verskillen­de tipes waaronder die 2×2×2, 3×3×3, 4×4×4, 5×5×5, 6×6×6 en 7×7×7 kubusse. Die 3x3 is die bekendste. Dan kry jy ook een wat lyk soos 'n driehoek wat die pyraminx genoem word en 'n vyfhoekige een wat 'n megaminx genoem word."

Eben sal graag wil sien dat meer kinders en selfs volwassene­s in die Oudtshoorn-omgewing hierdie sport beoefen en samekomste reël wat selfs moontlik kan lei tot wêreldklas­kompetisie­s in die Suid-Kaap omgewing.

Sy grootste doelwit op hierdie stadium is om die Afrika-rekord te breek en onder twee sekondes die pyraminx op te los.

“Dit is baie goeie oefening vir die brein en vingers en verhoog probleemop­lossingsva­ardighede.

 ?? Foto verskaf ?? Eben Smith spog by die kompetisie met sy tyd van 2,9 sekondes.
Foto verskaf Eben Smith spog by die kompetisie met sy tyd van 2,9 sekondes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa