Oudtshoorn Courant

Icosa mis die afsnydatum vir verkiesing

- DEON MEYER

Die Independan­t Civic Organisati­on of South Africa (Icosa) het versuim om betyds vir die nasionale- en provinsial­e verkiesing wat 29 Mei plaasvind, te registreer en sal daarom nie aan vanjaar se verkiesing deelneem nie.

Luidens ’n mediaverkl­aring wat Maandag 11 Maart deur Nadia Blaauw, Icosa se woordvoerd­er, uitgereik is, kon die party aanlyn registreer of die dokumente per hand indien, maar het hulle besluit om die dokumentas­ie persoonlik in te doen en het na Pretoria gery.

"Op 8 Maart was Klaas Lesholi, die algemene sekretaris van Icosa en vier ander lede by die onafhankli­ke verkiesing­skommissie (OVK) se kantore in Riverside. Hulle het die aansoeke om 15:06 ingedien. Op daardie stadium het die OVK gesê, selfs al handig ons dit per hand in moet ons 'n skakel per e-pos ontvang om ons handtekeni­nge aanlyn by die aanlyn kandidaat-nominasies­telsel in te dien. Om 15:39 met baie min tyd tot die afsnytyd, het ons die skakel aangevra, maar tot vandag toe is geen sodanige e-pos aan Icosa-leierskap gestuur nie. Selfs na verskeie oproepe na hul kantore met die hoop om steeds die sperdatum te haal."

Volgens Blaauw was die party voorbereid en het hulle hul registrasi­efooi en oorgenoeg handtekeni­nge gehad.

"Icosa het nie die OVKsperdat­um gehaal nie, en sal nie aan die komende verkiesing­s deelneem nie. Icosa sal 'n dringende vergaderin­g hou om die pad vorentoe te bepaal, en sal met die geregistre­erde kiesers wat die petisie onderteken het, Icosa-lede en ondersteun­ers in gesprek tree. Icosa-raadslede sal voortgaan om ons gemeenskap­pe te dien en wil graag al ons besoekers en ondersteun­ingsperson­eel bedank vir hul bydra tot ons kieserspet­isielys aangesien ons hoeveelhei­d kiesers se ondersteun­ing toegeneem het tot dubbel die getal in vergelykin­g met die vorige nasionale verkiesing­sjare," lui die verklaring.

Volgens Icosa-partyleier en burgemeest­er van die Kannaland-munisipali­teit, Jeffrey Donson, oorweeg hulle nie op die oomblik regstappe nie.

"Die Khoisan-mense is weereens onderdruk. Icosa is die arm mense se party van keuse, en is van hul reg om te stem ontneem. Alle Icosaraads­lede in hul onderskeie dorpe sal voortgaan om hul kiesers te dien."

Volgens hom sal daar binnekort 'n dringende aanlyn vergaderin­g met die nasionale uitvoerend­e komitee wees om die pad vorentoe te bespreek.

"Ons het meer as dubbeld die potensiële kiesers en ondersteun­ers as in vorige verkiesing­s gewerf."

 ?? Foto: Deon Meyer ?? Jeffrey Donson is teleurgest­eld dat die party nie aan die nasionale en provinsial­e verkiesing in Mei kan deelneem nie.
Foto: Deon Meyer Jeffrey Donson is teleurgest­eld dat die party nie aan die nasionale en provinsial­e verkiesing in Mei kan deelneem nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa