Oudtshoorn Courant

Broer en suster sterf in ongeluk op N12

- LIEZL VAN NIEKERK

'n Broer en suster, oorspronkl­ik van Dysselsdor­p, is Saterdagaa­nd in 'n motorongel­uk op die N12 tussen De Rust en Dysselsdor­p oorlede.

Henrico (Rico) Plaatjies (38), 'n geliefde petroljogg­ie by Total Swartberg, en sy suster Marisa (29 ) was saam met hul broer, Connery ten tyde van die ongeluk. Henrico se vrou, Jestine was ook in die voertuig.

Jestine en Connery het die ongeluk oorleef en is na die ongeluk na die hospitaal geneem waar hulle vir hul beserings behandel is. Connery en Jestine sterk tans by die huis aan.

Volgens lt.kol. Malcolm Potjie, Wes-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het die ongeluk op die N12 tussen Dysselsdor­p en De Rust gebeur.

Volgens hom was die VW Golf waarin die oorledenes was, en 'n Toyota Hilux beide in Oudtshoorn se rigting onderweg toe die ongeluk plaasgevin­d het.

"Die Toyota het van agter in die Golf vasgery. Een insittende in die Golf is met ernstige beserings na die hospitaal geneem terwyl nog 'n insittende op die toneel behandel is. Die 22-jarige bestuurder van die bakkie het ook ernstige beserings opgedoen en is ook na die hospitaal geneem."

Pojie sê 'n klag van strafbare manslag word ondersoek. Jestine, wat 12 jaar met Plaatjies getroud was, het gesê sy is nie seker hoe die ongeluk gebeur het nie.

"Ek het kopbeserin­gs opgedoen en my hele lyf is vol

skaaf- en krapmerke. Connery het ook 'n kopbeserin­g opgedoen en sy hand is in die ongeluk beseer."

Jestine sê haar man was nie net die broodwinne­r van hulle huishoudin­g nie, maar ook die pa van hulle drie kinders.

"Ons jongste dogter is twee jaar oud. Ons het twee seuntjies van 13 en 9. Nou moet hulle sonder hul pa grootword. Marisa se twee seuns van onderskeid­elik twee en sewe jaar oud, moet ook sonder 'n ma grootword. Dit is verskrikli­k hartseer."

Volgens haar was Rico en Marisa beide spontane mense.

"Henrico was ons broodwinne­r. Ons kon altyd op hom staatmaak. Hy was altyd vriendelik en spontaan en het altyd 'n glimlag op sy gesig gehad. Marisa was net so. Sy het altyd geglimlag."

Henrico het vir ongeveer vyf jaar saam met Marius van Huyssteen by Total Energies gewerk. Die afgelope jaar het hy as petroljogg­ie by Total Swartberg gewerk na Van Huysteen die besigheid begin het.

Van Huyssteen se vrou, Jacky, vertel dat Henrico deur almal wat hom geken het, gemis gaan word.

"Ons harte is baie seer. Niemand sal ooit iets sleg van hom kan sê nie, want hy was net altyd 'n lieflike mens.

Hul begrafnis word vir volgende Saterdag, 23 Maart, beplan. 'n Tyd sal vasgestel word sodra die finale reëlings getref is.

Oudtshoorn Community Against Crime gaan vandag, 14 Maart, om 17:00 'n kransleggi­ng hou op die toneel waar Henrico en sy suster oorlede is.

 ?? ?? Die wrak van die VW Golf.
Die wrak van die VW Golf.
 ?? ?? Wyle Henrico Plaatjies
Wyle Henrico Plaatjies
 ?? ?? Wyle Marisa Plaatjies
Wyle Marisa Plaatjies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa