Oudtshoorn Courant

2 sterf in 2 afsonderli­ke moorde

- LIEZL VAN NIEKERK EN WYNDHAM EWERTS

'n Man en vrou van Oudtshoorn is in twee afsonderli­ke voorvalle die afgelope naweek vermoor.

Flip Hendricks (Boere)

Flip Hendricks (Boere) is Vrydag 9 Maart met 'n mes gesteek.

Volgens sy broer, Raymond Coerecius, het Hendricks en die verdagte 'n uitval gehad oor geld wat die verdagte hom glo geskuld het.

“My broer het vir hom gewerk. Hulle het Saterdag 'n woordewiss­eling gehad oor die geld wat hy my broer skuld. Hulle is toe na die garage in Bridgton. Flip het gedink dat die man sy geld gaan trek. Volgens getuies is my broer eers in die bakkie voor die garage gesteek. Hy het toe op 'n manier uit die bakkie gekom. Iemand het gesien hoe die man my broer skop terwyl hy op die grond gelê en bloei het.”

Coerecius sê sy broer was 'n liewe mens, en het nie verdien om so te sterf nie.

"Hy wou net die geld waarvoor hy gewerk het gehad het."

Hendricks was die pa van 'n 32-jarige seun, 'n oupa van drie en het ook 'n dogtertjie in gr. R.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het die voorval in Sunriselaa­n plaasgevin­d.

"Die Oudtshoorn-polisie het Vrydag omstreeks 18:30 'n klag bygewoon waar hulle ingelig is dat 'n slagoffer gesteek is en na 'n nabygeleë hospitaal oorgeplaas is." Volgens hom was die 57-jarige man reeds oorlede toe die polisie by die hospitaal opdaag."

'n Verdagte is in hegtenis geneem en sal Vrydag om borgtog aansoek doen.

Kaylee-Ann Windvogel (Mies)

Kaylee-Ann Windvogel (Mies), 'n ma van 'n 5-jarige seun, is Saterdag vermoor.

Sy is in Rosevalley, naby haar ouerhuis met 'n mes gesteek.

Volgens ao. Joseph Swartbooi, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het die verdagte van die toneel gevlug, en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Swartbooi het gevra dat enigiemand wat iets van die moorde weet, die polisie moet kontak.

Sonneblom-kleutersko­ol in Rosevalley het gister, 13 Maart, 'n gedenkdien­s vir Kayley Ann ‘Mies’ Windvogel gehou wat bygewoon is deur vele ouers en gemeenskap­slede. Windvogel se kleuter is vir die afgelope drie jaar 'n leerder by die skool.

Die skool se sowat 80 kleuters het gedurende die gedenkdien­s 'n lied gesing ter ere van Windvogel.

Sonneblom se hoof, Marilyn Blaauw, het

Windvogel as 'n toegewyde ouer en ma beskryf.

"Sy was een van ons mees betrokke ouers en wou altyd weet hoe haar seun vorder. As persoon was sy deur en deur 'n mense-mens en dit is regtig jammer dat sy ons verewig verlaat het. Sy is die tipe mens wat altyd grappe gemaak het en onwetende eintlik diegene rondom haar se dag opgehelder het. Haar kind is nou in sy laaste jaar by ons en is vandat hy twee jaar oud is, by die skool.

“Namens Sonneblom-kleutersko­ol en die gemeenskap wil ons 'n hand van bemoedigin­g uitreik," het Blaauw gesê.

Tydens die gedenkdien­s het die verslae ouers en lede van die gemeenskap kerse aangesteek ter nagedagten­is aan Blaauw terwyl daar 'n minuut van stilte aan haar opgedra is. Katriena Fortuin van Katryntjie-voorskools­entrum en Sarie Suman van Saartjie-voorskools­entrum was die sprekers by die gedenkdien­s.

Beide dien ook op die Klein Karoo ECD Forum. Die deurlopend­e boodskap van dié twee sprekers was dat daar nou 'n laer getrek moet word rondom Windvogel se jong kind wat nou sonder 'n ma die lewe moet aanpak.

"Jou kind is my kind. Hierdie is nie 'n tyd vir oordeel nie want die oordeel kom slegs God toe. Dis 'n tyd vir refleksie om mekaar te omhels en op te bou en nie af te breek deur kwaad aan andere te wil doen, wat jy nie aan jou self gedoen wil hê nie."

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Sonneblom-kleuters het tydens die gedenkdien­s ‘n lied ter ere van Windvogel gesing.
Foto’s: Wyndham Ewerts Sonneblom-kleuters het tydens die gedenkdien­s ‘n lied ter ere van Windvogel gesing.
 ?? ?? Katriena Fortuin van Katryntjie-voorskools­entrum aan die woord.
Katriena Fortuin van Katryntjie-voorskools­entrum aan die woord.
 ?? ?? Wyle Kaylee-Ann Windvogel (Mies) Foto’s verskaf
Wyle Kaylee-Ann Windvogel (Mies) Foto’s verskaf
 ?? ?? Wyle Flip Hendricks (Boere)
Wyle Flip Hendricks (Boere)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa