Oudtshoorn Courant

Oudtshoorn-stories steel kollig by Fiëstas

-

Oudtshoorn-stories, soos in 2023 uitgebeeld in die KKNK se debuutdram­a Droomkraan Kronieke, was die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas. Dié toekenning­s is op Donderdag 7 Maart tydens ‘n glansgelee­ntheid by The Lookout in Kaapstad oorhandig.

Droomkraan Kronieke was in 2023 ‘n debuutprod­uksie by die KKNK, geborg deur Absa, waarna dit ook ‘n speelvak by die Toyota US Woordfees in Stellenbos­ch gehad het. Dié produksie is ‘n produk van die KKNK se Karoo Kaarte-projek en is bekroon as beste feesproduk­sie, beste regie (Neil Coppen, Craig Leo en Carlo Daniels) én beste ensemble.

Oudtshoorn­iete se herinnerin­ge aan hul kinderdae is in dié magiese toneelstuk met fisieke teater, sang, dans en skadupoppe­spel uitgebeeld. Karoo Kaarte se navorsings­pan het ‘n reeks Klein Karoo-kinderstor­ies en herinnerin­gs uit kinderdae gebruik, wat ook in die fisieke teaterstuk ingesluit is.

Karoo Kaarte is ’n grensversk­uiwende multidissi­plinêre kunsteprog­ram wat sedert 2021 in Oudtshoorn lewe kry. Dié veelbekroo­nde gemeenskap­sprojek se kern draai rondom Oudtshoorn-stories wat nie voorheen vertel of gedokument­eer is nie en skep ’n platform wat plaaslike talent na die voorgrond bring. Die Karoo Kaarte-span bied by vanjaar se KKNK ’n program met twee visuele kunsuitsta­llings, ’n grafiese roman, ’n muurskilde­ry, staptoere met begeleidin­g van die Karoo Kaarte-app en ’n splinternu­we plekspesif­ieke teaterprod­uksie, Die Swartmerri­e aan. Theo Witbooi en Chantell Phillipus, deel van die Droomkraan

Kronieke-ensemble, is onder andere in dié plekspesif­ieke teaterstuk te sien.

Nog produksies bekroon

Droomkraan Kronieke, was die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas.

Ander KKNK-produksies wat met kykNET Fiëstas bekroon is, sluit in Eben Genis (beste manlike byspeler in Mirakel), Lynthia Julius en Veronique Jephtas se My kroon se krank (beste nuutgeskre­we teks, verweking of vertaling), David Kramer se Vêr in die wêreld Kittie (beste musiekgedr­ewe produksie: Teater) en Kerscha Titus vir haar rol in Jantjies and the Pearls (beste opkomende kunstenaar).

Erik Dippenaar en Ralitza Macheva is verder ook bekroon vir beste prestasie in klassieke musiek vir Variations, wat in 2023 by Klein Karoo Klassique, Oudtshoorn se fees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn te sien was.

Feesganger­s het ook ’n geleenthei­d om drie ander Fiësta-bekroonde produksies van ander feeste vanjaar tussen ”

23 en 31 Maart by die KKNK, geborg deur Absa, in Oudtshoorn te sien. Braam en die engel is bekroon as beste kinder- of opvoedkund­ige teater

(’n Momentum Beleggings Aardklopde­buut), terwyl Frank Opperman die Fiësta ontvang het vir beste akteur vir ry rol in Reünie (debuut by Innnibos) en Antoinette Kellermann as beste vroulike byspeler vir haar rol in Philip Rademeyer se Goed wat wag op te gebeur (’n Momentum Beleggings Aardklop-debuut). Oudtshoorn-stories, soos in 2023 uitgebeeld in die KKNK se debuutdram­a Droomkraan Kronieke, was die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas.

 ?? Droomkraan Kronieke, was Foto: Nardus Engelbrech­t ?? Oudtshoorn-stories, soos in 2023 uitgebeeld in die KKNK se debuutdram­a die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas.
Droomkraan Kronieke, was Foto: Nardus Engelbrech­t Oudtshoorn-stories, soos in 2023 uitgebeeld in die KKNK se debuutdram­a die groot wenner tydens die 14de kykNET Fiëstas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa