Oudtshoorn Courant

Drie goues vir ODN se superman-Augustus

- WYNDHAM EWERTS

Nickyle Augustus (11), gr. 5-leerder verbonde aan Laerskool Laurus, het sy dorp se vlag hoog laat wapper by die afgelope naweek se Wes-Kaapse atletiekby­eenkoms met ’n puik vertoning waar hy drie goue medaljes ingepalm het.

Dié atletiekby­eenkoms het in die Paarl by die Dal Josaphat-stadion plaasgevin­d.

Sy drie goue medaljes sluit in goud in die 100 m vir seuns o. 11 wat hy in 13,21 sekondes afgeblits het. Sy naaste teenstande­r se tyd was 13:30. Sy tweede goue was in die 80 m vir seuns o. 11, hier was sy tyd 10,07 sekondes. Die tweede beste atleet se tyd was 10,26 sekondes.

In die verspringa­fdeling was sy wenafstand 'n magiese 5,32 m - amper 'n volle meter beter as die tweede beste afstand wat 4,73 meter was.

Voor Augustus se vertrek na die Paarl het Suid-Afrika se Olimpiese kampioen in die

400 m, Wayde van Niekerk, hom via 'n kort video persoonlik sterkte toegewens vir die uitdaging wat voorlê, met Augustus wat nie teleurgest­el het nie.

Augustus se ma, Priscilla Augustus, het aan Oudtshoorn Courant gesê dat haar seun sedert sy gr. R-jare al 'n kranige atleet was.

"Vandat ek kan onthou het hy altyd eerste gekom. Tog bly dit 'n groot eer en prestasie vir 'n jong atleet om so wrintie waar drie goue medaljes huis toe te bring. Hy is ook 'n baie goeie rugby- en krieketspe­ler. Ek en sy pa Franklin Augustus, tesame met die hele familie is sommer baie trots op hom."

Op 'n vraag vanwaar sy atletiekge­ne vandaar kom, het sy geskerts en gesê dat sy op haar dae ook 'n atleet was asook sy pa.

"Uit die aard van die saak het nie een van ons al hierdie hoogtes bereik nie, alhoewel ek Oudtshoorn-span gehaal het. Dit wat Nickyle egter bereik, is iets uit 'n ander wêreld en is baie spesiaal. Ons kan net die Vader dank vir sy uitsonderl­ike talent."

Priscilla sê verder dat Nickyle vir sy jonge skouers 'n baie georganise­erde kind is en dis een van die redes hoekom hy ook akademies uitblink.

"Hy sal byvoorbeel­d al sy tekortkomi­nge Google en kyk waarop hy kan verbeter. Hy kyk gedurig ook aanlyn-videos van hoe ander atlete voorberei en dan implemente­er hy dit self ook. Dieselfde met sy huiswerk; hy is baie oopkop wat sy skoolwerk betref en wil graag eendag 'n prokureur word. Op so jong ouderdom is hy maar al te bewus daarvan dat sport, in die toekoms, beserings kan bring wat 'n spanner in die wiel kan gooi, en daarom is sy woorde altyd aan my, "Mammie as ek eendag prokureur word, het ek iets om op terug te val indien enige iets voorval. Op hierdie stadium is sy droom om sy hoërskooll­oopbaan by Hoërskool Outeniqua voort te sit, maar enige iets is nog moontlik; kom ons kyk hoe werk dinge uit," het sy gesê. Laerskool Laurus se skoolhoof, SW Vorster, het by navrae gesê dat die skool ongeloofli­k trots is op Nickyle.

"Hy werk elke jaar so hard om sy beste te kan lewer op die sportveld en in die skool. Ek kon oor die afgelope paar jaar sien hoe hierdie jong seun op die atletiekba­an, sowel as die rugby- en krieketvel­d ontwikkel. Hy is 'n goeie voorbeeld vir sy mede- spanmaats en ons wens hom alle sterkte toe met die SA kampioensk­appe wat voorlê. Sy skool en medeleerde­rs staan al die pad agter hom."

Die SA kampioensk­appe vind vanaf 24 tot 26 Maart in Polokwane (Limpopo) plaas. So het Oudtshoorn se atlete by die Wes Kaapseatle­tiekkampio­enskappe gevaar:

Helena Lourens - silwer in 1 200 m

Sion Tome - brons in hoogspring

Johane Hattingh - brons in gewigstoot

Ruan Hattingh - 4de plek in gewigstoot

Breany Swartbooi - 5de plek in die 100 m

Lian Banting - 8ste plek in spiesgooi Le Roux Delport - 8ste plek in hoogspring.

 ?? Foto verskaf ?? Nickyle Augustus het drie goue medaljes die afgelope naweek in Paarl behaal.
Foto verskaf Nickyle Augustus het drie goue medaljes die afgelope naweek in Paarl behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa