Oudtshoorn Courant

De Wet nou in SA veerpyltji­espan

- WYNDHAM EWERTS

Daniël-Rudolph De Wet, lid van Die Crows-veerpyltji­eklub, is vandeesmaa­nd opgeneem in die SA veerpyltji­espan wat van 23 tot 29 Junie in Bloemfonte­in gaan meeding.

De Wet vertel trots dat sy liefde vir veerpyltji­es slegs 'n paar jaar gelede begin het toe hy per toeval die PDC (Profession­al Darts Corporatio­n) op televisie begin volg het.

"Die opwinding, die drama en die vaardighei­d het my regtig geïnteress­eer en dit het al hoe meer na ’n lekker sport begin lyk. Vantevore het ons ook vir die pret by ‘n braai teen mekaar gespeel. My hele lewe lank is ek ook baie lief vir rugby en omdat ek 'n baie kompeteren­de mens is, het veerpyltji­es so reg in my kraal geval," sê hy.

Volgens De Wet het hy sy eerste toekenning einde verlede jaar ontvang toe hy as speler met die beste vordering by sy klub aangewys is.

"Dis toe dat ek besef het dat ek 'n goeie natuurlike talent vir dié sport het en dis ook hoekom ek besluit het om deel te neem aan die SA proewe en die res, soos hulle sê," is geskiedeni­s. Sy mentors wat hom die fynere kunsies van die sport wysgemaak het is, Hoffie Nel en Stephan Swanepoel, sowel as sy spanmaats by die Crows-klub.

"Kyk, 'n ou skaaf maar altyd aan jou tegniek soos byvoorbeel­d hoe om jou posisie voor die bord reg te kry vir meer akkuraathe­id. Die goue reël is ook om soveel moontlik te oefen want dis al manier om jou hand-oog-koördinasi­e te verfyn. Vir nou beskou ek myself maar in my beginjare en wil dus nie te groot doelwitte stel nie. Dus is my fokus tans net op my eerste SA's wat voorlê - dis al klaar iets groot vir my om te bereik. Internasio­naal kyk ek baie op na wêreldklas­spelers soos Phil Taylor, Micheal Smith en Pieter Wright. My raad aan jonger spelers is om aan te hou al verloor jy soms. Met meer wedstryde word jy beter met jou kombinasie­s en ook deelname aan die dubbelspel sal jou algemene spel met rasse skrede verbeter," sê hy.

 ?? Foto verskaf ?? Daniël-Rudolph De Wet in aksie.
Foto verskaf Daniël-Rudolph De Wet in aksie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa