Oudtshoorn Courant

Pa van drie in ongeluk oorlede

- LIEZL VAN NIEKERK

'n 39-jarige man is in 'n motorongel­uk op die Volmoed-pad dood na hy vermoedeli­k vir 'n slaggat in die pad uitgeswaai het en die motor ongeveer 50 meter teen 'n helling langs die pad afgerol het.

Elrico Arnoldus wat in die ongeluk oorlede is, se neef, Moses Arnoldus, sê Elrico was Maandagmid­dag op pad na Mosselbaai waar hy gewerk het.

Sy voertuig is egter eers Dinsdagmid­dag deur 'n verbygange­r ontdek.

Volgens sy suster, Seroline Arnoldus, het een van Elrico se kollegas haar op Facebook laat weet dat hy nie Dinsdag vir werk opgedaag het nie.

"Hy is geweldig verantwoor­delik en ons het vreeslik bekommerd geraak toe ons hom nie in die hande kon kry nie. Hy was nie iemand wat onnodig van die werk sou wegbly nie. Ons het hospitale en polisiesta­sies en selfs die tronke in Oudtshoorn, Calitzdorp en selfs Mosselbaai gebel, maar niemand het van niks geweet nie. Dinsdagmid­dag net na 17:00 het 'n verkeersbe­ampte ons gebel en gesê dat hy in 'n ongeluk oorlede is, maar dat die kar so versteek was dat mens hom nie sommer van die pad af sou sien nie."

Met die aankoms van Oudtshoorn Courant op die toneel was paramedici, nooddiensb­eamptes, verkeersbe­amptes en die polisie reeds op die toneel. Volgens inligting wat op die toneel bekom is, het 'n motoris wat uit Mosselbaai se rigting na Oudtshoorn onderweg was, iets in die veld sien blink en by nadere ondersoek vasgestel dat dit 'n motor is wat van die pad gery het.

Die bestuurder het nooddienst­e gekontak en hulle gaan wys waar die voertuig lê. Elrico is op die toneel dood

verklaar.

Hy en sy familie woon in Kruisrivie­r tussen Oudtshoorn en Calitzdorp.

Arnoldus sê sy neef was 'n mensemens en omgeemens.

"Hy het drie kinders wat nou sonder hom moet grootword. Hy was 'n liewe mens en elke dag dieselfde. Almal wat hom geken het, het van hom gehou."

Anthony Ewerts, 'n gemeenskap­sleier van Calitzdorp, het vertel dat die nuus oor Elrico se dood gemeenskap­pe van beide Kruisrivie­r en Calitzdorp geruk het.

"Ek ken die familie al baie jare. Hy was 'n baie vriendelik mens. Daar is nie meer in vandag se tyd baie jong mense soos hy nie. Hy het almal met wie hy in aanraking gekom het met die grootste respek behandel. Kruisrivie­r sal nie dieselfde wees sonder hom nie."

Die polisie het teen druktyd nie op die navraag gereageer nie.

 ?? Foto’s: Liezl van Niekerk ?? Nooddienst­e en polisie op die toneel waar die voertuig in die veld lê.
Foto’s: Liezl van Niekerk Nooddienst­e en polisie op die toneel waar die voertuig in die veld lê.
 ?? ?? Die slaggate in die pad waarvoor Elrico Arnoldus vermoedeli­k uitgeswaai het.
Die slaggate in die pad waarvoor Elrico Arnoldus vermoedeli­k uitgeswaai het.
 ?? ?? Wyle Elrico Arnoldus Foto verskaf
Wyle Elrico Arnoldus Foto verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa