Oudtshoorn Courant

KKNK vereer Poem Mooney

- WYNDHAM EWERTS

Poem Mooney, legendarie­se storievert­eller, digter, skrywer en stamhoof van die Attakwa Khoisan-organisasi­e, is verlede Woensdag deur die KKNK vereer vir sy lewensbydr­ae tot kultuur en kuns. Die vereringsf­unksie het by die Absa Kuierkamer plaasgevin­d.

Mooney, wat oorspronkl­ik van Prins Albert is en vir donkiejare in Oudtshoorn gevestig is, is saam met vier ander kunstenaar­s Jana Cilliers,

Deon Meyer, Eldon van der Merwe en Colbert Mashile vereer.

Sy nuwe boek. Digtergeda­gtes, is by die KKNK tydens ’n spesiale openbare geleenthei­d, Die staaltjiem­eester, bekendgest­el. Hy het ook al boeke soos Kringe om die maan, Dit klink soos ’n klok, Klipstapel, Onbesonge, Ons skilder met woorde en Stories uit Lap, die lig laat sien.

Destyds was dit ook Mooney wat Kairos skool vir erg gestremde leerders begin het waarna hy in 1997 aftree as hoof van dié skool.

Dominee André Boesak het tydens sy spreekbeur­t Mooney as 'n ikoon beskryf: "Hy is by uitstek 'n woordslaaf, woordboer, woordsmous en woordtowen­aar. Sy belangstel­ling gepaardgaa­nde met wat hy al vermag het strek wyd soos die horison. Hier verwys ek na Poem se rol op die Taalraad, PanSALB, Nasionale Khoisan Raad en die Bio Protocol dokument. Vandag se verering is welverdien­d, en soos sommige tereg sê, lank reeds uitstaande," het Boesak gesê.

Pooney het tydens sy toespraak aan die gehoor gesê dat hy besonder geëerd voel om deur die KKNK vereer te word.

"'n Mens knoop jou taal aan jou karakter, so as mense na jou luister dan kan hulle sien dat hierdie persoon is 'n ware Afrikaner. Wat die herlewing en bewaring van Afrikaans betref, dink ek dis in goeie hande veral as jy na die jeug kyk en die projekte waarmee hulle besig is."

 ?? ?? Poem Mooney en sy vrou, Susan.
Poem Mooney en sy vrou, Susan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa