Oudtshoorn Courant

Munisipali­teit ondersteun plaaslike entreprene­urs

-

Die Groter Oudtshoorn-munisipali­teit het vanjaar, soos vorige jare, 10 plaaslike entreprene­urs ondersteun deur hulle van stalletjie­s by die fees te voorsien.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, is dit vir die entreprene­urs 'n waardevoll­e platform om hul produkte ten toon te stel en hul handelsmer­ke te vestig.

"Entreprene­urs wat aan die KKNK-uitstallin­g deelneem, word deur 'n aansoekpro­ses gekies, wat advertensi­es in plaaslike koerante en produkeval­uering insluit om die kwaliteit en lewensvatb­aarheid van hul aanbieding­e te verseker. Sodra hulle gekies is, is entreprene­urs verantwoor­delik om te verseker dat hulle voldoende voorraad regdeur die fees het."

Volgens haar dui terugvoer van entreprene­urs wat voorheen by die fees uitgestal het, op 'n gemengde ervaring vanjaar.

"Terwyl baie stalletjie­houers meer netwerkgel­eenthede, verbeterde atmosfeer en hoër verkope in vergelykin­g met vorige jare ervaar het, het sommige 'n afname in verkope opgemerk. Ten spyte hiervan het entreprene­urs hul waardering uitgespree­k vir die platform wat die KKNK bied om hul produkte ten toon te stel en met potensiële kliënte te skakel," lui die verklaring.

Mle sê dat eerstekeer-uitstaller­s waardevoll­e leerervari­ngs uitgelig het wat hulle deur deelname aan die fees opgedoen is.

"Hulle het geleenthed­e opgemerk om hul produksiep­rosesse te verbeter, hul netwerke uit te brei en hul uitstallin­gstrategie­ë te verfyn. Oor die algemeen het hulle die KKNK-uitstallin­g as 'n uitstekend­e geleenthei­d beskou om hul handelsmer­ke en produkte in die mark te vestig."

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa