Oudtshoorn Courant

Paasnaweek rugby- en netbaltoer­nooi reusesukse­s

- WYNDHAM EWERTS

Die Paasnaweek rugby- en netbaltoer­nooi wat verlede Donderdag by Bridgtonsp­ortterrein afgeskop het en Maandag 1 April geëindig het, is deur menige plaaslike sportliefh­ebbers as 'n groot sukses bestempel.

Die rugbytoern­ooi is deur Impact Sport Events aangebied. Plaaslike spanne soos Harlequins, All Blacks, Collegians, Bridgton,

Spring Roses, Bridgton, Oudtshoorn tesame met landelike spanne het almal mekaar in rondomtali­e wedstryde aangedurf. Harlequins was uiteindeli­k die wenners met All Blacks wat tweede was. In die landelike afdeling het Rebels met die louere weggestap met Blue Birds wat die naaswenner­s was. In die netbal-afdeling was dit De Doornsnetb­alspan wat bobaas was.

Volgens een van die organiseer­ders, Pieter Safers, het die bywoning deur die publiek alle verwagting­e oortref en het ongeveer

8 000 toeskouers oor dié vier dae by die hekke ingestroom. Safers sê dat daar geen ongevalle was nie en dat daar 'n gees van samehorigh­eid was wat deurentyd by die stadion geheers het. Safers het ook die stadion se fasiliteit geprys wat skoon en netjies was.

"Kyk vanjaar is die eerste jaar en ons is trots om te sien hoe die verskillen­de klubs opwindende rugby en netbal opgedis het. Die samewerkin­g tussen die klubs is ook iets wat ons hoog op prys stel en volgende jaar beloof om selfs nog groter te wees."

Safers het sy waardering teenoor die borge uitgespree­k waarsonder die inisiatief nie moontlik sou wees nie. Die borge het Herotel (hoofborg), Dryland, Bidvest, Pitch Vision, Wes-Kaapse departemen­t kultuursak­e en sport, TFASA, Shoprite, Oudtshoorn­munisipali­teit, Oudtshoorn Sweiswerke, Anton Goliath, Wilck Spar, Nebavest, Oudtshoorn Aero Club en Black List Sekuriteit ingesluit.

 ?? Foto: Wyndham Ewerts ?? De Doorns-netbalspan was ‘n krag om mee rekening te hou.
Foto: Wyndham Ewerts De Doorns-netbalspan was ‘n krag om mee rekening te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa