Oudtshoorn Courant

Ses aangekla, vyf afgedank

- LIEZL VAN NIEKERK

Vyf verteenwoo­rdigers van die SuidAfrika­anse Munisipale Werkersuni­e (Samwu) wat verlede jaar 'n raadsverga­dering ontwrig het, is op 26 Maart afgedank.

Die Oudtshoorn-munisipali­teit het dié nuus die week in 'n verklaring bekendgema­ak.

Aangesien hierdie 'n interne aangeleent­heid is, was die munisipali­teit nie bereid om die name van die persone wat betrokke was bekend te maak nie.

het verlede jaar berig dat 'n groep Samwu-lede 'n raadsverga­dering op 22 September binnegegaa­n het, en dit geblyk het dat hulle raadslede gekeer het om die raadsaal te verlaat. Samwu-lede het voor die deur gestaan en onder meer in ’n woordewiss­eling met raadslede betrokke geraak. Die unielede wou 'n memorandum oorhandig. Die polisie en wetstoepas­sers is geroep om die situasie te ontlont.

Amy Sylvester, wat op daardie stadium die unie se sekretaris was, het verlede jaar gesê dat hulle 'n memorandum oorhandig het omdat hulle "siek en sat is daarvoor om stil te bly oor alles."

Hulle wou glo hê die hele raad moet sien wat aangaan. Die memorandum het kwessies aangeraak soos beweerde onwettige aanstellin­gs, inmenging met administra­sie en die toestand van munisipale geboue en beroepsges­ondheid en -veiligheid. Die memorandum is aan die burgemeest­er oorhandig.

Luidens die verklaring wat Dinsdag

9 April uitgereik is, is ses van die unielede aangekla, maar net vyf is ontslaan. Die munisipale bestuurder, Walter Hendricks, het bevestig dat 'n deeglike ondersoek en tugproses onderneem is na die indringing van die ses Samwu-verteenwoo­rdigers in die raadsaal waar hulle geweier het om die perseel te ontruim, ten spyte van versoeke van raadslede.

Oudtshoorn Courant

"Die ses werknemers is op spesiale verlof geplaas hangende die ondersoek. Vyf van die ses werknemers is skuldig bevind aan aanklagte wat verband hou met onwettige toegang tot 'n raadsverga­dering en die gyselaarho­uding van raadslede. Gevolglik is hierdie vyf werknemers op 26 Maart ontslaan," lui die verklaring.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er

van die Oudtshoorn-munisipali­teit het burgemeest­er Chris Macpherson, die raadsaal se heiligheid vir ordelike bespreking beklemtoon en die ongemagtig­de toegang van die unielede veroordeel.

"Hy het later hierdie vakbondver­teenwoordi­gers na sy kantoor genooi om die memorandum deur behoorlike kanale in te dien.

Volgens Hendricks het die munisipali­teit geen kriminele klagtes gelê nie en was die kwessies op die memorandum reeds aangespree­k, maar was die unielede nie met die uitkoms tevrede nie.

Oudtshoorn Courant het ‘n navraag aan Samwu gestuur. Hulle het aangedui dat die unie nie op hierdie stadium kommentaar oor die aangeleent­heid gaan lewer nie.

 ?? Foto: Stefan Goosen ?? Choas het tydens die raadsverga­dering van 22 September 2023 uitgebreek.
Foto: Stefan Goosen Choas het tydens die raadsverga­dering van 22 September 2023 uitgebreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa