Oudtshoorn Courant

Vermeende motordief se saak uitgestel

- LIEZL VAN NIEKERK

Oudtshoorn­iete was verlede Vrydag warm onder die kraag nadat 'n man na bewering 'n voertuig in Hoogstraat sonder die eienaar se toestemmin­g geneem het, en oomblikke daarna teen 'n muur van 'n woning vasgery het.

Hendrik Tiemie, die vermeende dief, is danksy 'n heldhaftig­e en wakker inwoner kort na die botsing aangekeer.

Die man het op die toneel vertel dat hy vanuit Victoriast­raat se rigting gery het, en dat hy die blou motor in verkeerde baan na hom toe sien aankom het.

"Die volgende oomblik toe hop die kar bo-oor die sypaadjie en teen die muur vas. Ek het net daar gestop en uitgesprin­g toe ek sien hy hardloop weg. Ek het hom gevang en die polisie gekontak, en hom daar gehou tot hulle opgedaag het."

Tiemie se saak het reeds die week voorgekom, en is tot 15 April uitgestel.

Volgens Marie van Sittert, die eienaar van die voertuig, is sy steeds in skok oor wat gebeur het, maar het sy ook besef dat hier nog mense met goeie harte in die dorp is.

"Ek het geen idee hoekom hy so iets sou doen nie. Ek was minder as vyf minute in Melville Kafee en toe ek uitstap was my motor weg. Ek dink nie hy besef hoe baie skade hy aangerig het nie en hoe hy mense verontrief met wat hy gedoen het nie."

Van Sittert sê dat 'n paneelklop­per aangebied het om haar te help met die herstel van haar motor.

"My hart het in my keel gesit. Ek het regtig nie gedink dat daar nog sulke mense in die wêreld oor is nie. Ek weet nie of hy dit kan doen nie, want die skade, soos ek verstaan, is nogal groot. Die feit dat hy aangebied het, het reeds vir my baie beteken."

Die paneelklop­per, Ruaan Coetzer van RC Bodyworks, het gesê dat hy haar jammer gekry het en haar graag sal wil help.

"Dit was iets wat regtig op my hart gedruk het, en ek wil regtig nie hê dat iemand die geleenthei­d moet gebruik om 'n ouer persoon uit te buit nie. Ek is bereid om haar gratis te help sover ek kan, maar dit blyk dat die voertuig se skade meer is as wat aanvanklik gedink is, en ek sal eers die situasie moet evalueer wanneer die polisie hul ondersoek afgehandel het, voordat ek finaal sal kan sê wat die plan vorentoe is."

 ?? Foto: Liezl van Niekerk ?? Forensiese deskundige­s besig met vingerafdr­ukke.
Foto: Liezl van Niekerk Forensiese deskundige­s besig met vingerafdr­ukke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa