Oudtshoorn Courant

Dysselsdor­p-tussenverk­iesing vind op 24 April plaas

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Onafhankli­ke Verkiesing­skommissie (OVK) het aangekondi­g dat die tussenverk­iesing in Dysselsdor­p op Woensdag 24 April sal plaasvind. Dit volg na Chad Louw einde Februarie as ANCraadsli­d bedank het en hom by die PA (Patriotic Alliance) aangesluit het. Louw was 'n verkose raadslid. Die persone wat hulself vir die tussenverk­iesing verkiesbaa­r gestel het, is Samantha Octavia Damons (ANC), Nonzingo Leticia Mntwini (EFF), Bertram Jantjies (PA) en Eben Trevor Basson (onafhankli­ke kandidaat).

Volgens Michael Hendrickse, die OVKverkies­ingsbeampt­e in die Wes-Kaap, is daar tans 4 175 geregistre­erde kiesers in wyk 9 wat geregtig is om aan hierdie tussenverk­iesing deel te neem.

"Dit is belangrik om daarop te let dat slegs kiesers wat geregistre­er is, en in wyk 9 woonagtig is, sal kan stem."

Volgens hom maak die stemlokale om 07:00 oop en sluit om 21:00, maar alle kiesers in die ry sal teen die afsnytyd toegelaat word om hul stemme uit te bring. Alle kiesers moet in besit wees van óf 'n groen strepiesko­de ID, 'n slimkaartI­D

of 'n geldige tydelike identiteit­sertifikaa­t om toegelaat te word om te stem.

Spesiale stemme vir hierdie tussenverk­iesing vind Dinsdag 23 April plaas.

"Slegs kiesers wat aansoek gedoen het en vir spesiale stemming goedgekeur is, sal vanaf 08:00 tot 17:00 hul stem by die stemlokaal kan uitbring. Hierdie ure is ook van toepassing op dié wat deur OVKamptena­re vir huisbesoek­e goedgekeur is." Die stemlokale is as volg:

Dysselsdor­p Sekondêr

Kolping Huis

Volkskerk

Rodewal UCC Primêr

Vir meer inligting kan die plaaslike munisipale OVK-kantoor op weeksdae gedurende kantoorure by 044 272 0398 geskakel word.

Jou registrasi­estatus kan aanlyn nagegaan word by www.elections.org.za of alternatie­welik, SMS jou ID-nommer na 32810 teen 'n koste van R1 per SMS of WhatsApp Hi na ons WhatsApp Chatbot by 060 088 0000.

 ?? Foto’s verskaf ?? Samantha Damons
Foto’s verskaf Samantha Damons
 ?? ?? Eben Trevor Basson
Eben Trevor Basson
 ?? ?? Betram Jantjies
Betram Jantjies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa