Oudtshoorn Courant

Imbizo’s volstoom aan die gang

-

Die jaarlikse burgemeest­ers-imbizo’s is volstoom aan die gang en het reeds op 8 April begin. Burgemeest­er van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson, het aangekondi­g dié imbizo's tot 17 April sal plaasvind. Dit word gereël met die uitdruklik­e doel om inwoners die geleenthei­d te bied om insette te lewer ten opsigte van die begroting vir die komende jaar.

Volgens Aurelia Mle, woordvoerd­er van die Oudtshoorn-munisipali­teit, is die fokus van hierdie imbizo’s om inwoners se insette en vrae oor die samestelli­ng en inhoud van die begroting te kry.

"Ons moedig alle inwoners aan om van hierdie geleenthei­d gebruik te maak om hul stemme te laat hoor en by te dra tot die begrotings­proses. Die imbizo’s gaan nie oor klagtes met betrekking tot dienslewer­ing nie, maar eerder om 'n platform te bied vir konstrukti­ewe insette en betrokkenh­eid van die gemeenskap in die begrotings­proses."

So werk dit

Hierdie jaar se imbizo word anders gedoen as die vorige jare om dit vir die publiek makliker en meer toeganklik te maak.

Die publiek kan nou enige tyd tussen 15:00 en 18:00 op hulle geskedulee­rde dae direk met Macpherson en die munisipale bestuurder Walter Hendriks, gesels. Tydens die konsultasi­e sal brosjures uitgedeel word met 'n opsomming van die begroting, voltooide projekte, toekomstig­e projekte en huidige deurlopend­e projekte.

Om hierdie gesprek te fasiliteer, sal die hoofde van die verskeie departemen­te teenwoordi­g wees om vrae te beantwoord en inligting te verskaf. Inligtings­tukke sal ook beskikbaar wees.

Die datums: 8 April

- Wyk 11 om 15:00 by die Blomnekgem­eenskapsaa­l, Dysselsdor­p

9 April - Wyke 9 en 10 om 15:00 by die Dysselsdor­p-gemeenskap­saal

10 April - Wyk 6 om 15:00 by die Rosevalley-biblioteek

11 April - Wyke 4, 5 en 8 om 15:00 by die Thusong-sentrum

15 April - Wyke 7 en 13 om 15:00 by die Bridgton-biblioteek

16 April - Wyke 1, 2, 3 en 7 om 15:00 by die CJ Langenhove­n-biblioteek

17 April - Wyke 2, 9, 11 en 12 om 15:00 by die CJ Langenhove­n-biblioteek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa