Oudtshoorn Courant

Traumakame­r by hospitaal opgeknap en heropen

-

Die traumakame­r by Oudtshoorn­hospitaal is op 26 Maart geopen. Personeel, taklede en donateurs van Solidarite­it Helpende Hand, sowel as hospitaalp­ersoneel, was teenwoordi­g.

Solidarite­it Helpende Hand Oudtshoorn-tak het in Julie 2023, in samewerkin­g met die traumakame­r se personeel, besluit om die vier vertrekke van die eenheid op te knap, sodat dit 'n volhoubare verskil in slagoffers se lewens kan maak.

Volgens Marlise Labuschagn­e, Wes-Kaapse assistent streekorga­niseerder van Solidarite­it Helpende Hand, het die projek hulle agt maande geneem om te voltooi.

"Dit het baie dinkskrums, deeglike beplanning, voortduren­de gebed, harde werk en hulpversoe­ke aan die gemeenskap gekos, maar nou kan die tak spog met 'n verbruiker­svriendeli­ke traumaeenh­eid. Hulle het hul omgeeharte in die projek uitgestort. Die betrokke taklede het hulle in die skoene van die slagoffers geplaas om die dekor in die eenheid te gebruik om slagoffers se trauma draagliker te maak en hoop te skep. In die proses is goeie verhouding­s met die hospitaalp­ersoneel opgebou; dit sterk hulle in hul taak en versterk sodoende die gemeenskap."

Volgens haar pas hierdie projek mooi in by Projek Heel, Solidarite­it Helpende Hand Wes-Kaap-streek se bestaande ontwikkeli­ngsprojek. Projek Heel het ten doel om bewusmakin­g van geweld en mishandeli­ng in die gemeenskap­pe te kweek, slagoffers van geweld en mishandeli­ng op alle terreine te ondersteun, kinders in hierdie verband te bemagtig, en die rolspelers in die hulpverlen­ingsproses emosioneel te ondersteun.

 ?? Foto verskaf ?? Die personeel van die hospitaal, Helpende Hand, Build It, Micfin en Pro Worx tydens die opening van die traumakame­r.
Foto verskaf Die personeel van die hospitaal, Helpende Hand, Build It, Micfin en Pro Worx tydens die opening van die traumakame­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa