Oudtshoorn Courant

All Blacks en Bridgton wen, Harlequins val weer vas

- WYNDHAM EWERTS

All Blacks het die afgelope naweek 'n oorwinning van 47 - 27 oor Prins Albert behaal in hul eerste SWD Super B-ligawedstr­yd van die seisoen. Die wedstryd is by die Bridgton-sportterre­in beslis.

Die manne in swart het in die eerste helfte reeds hul spiere gewys toe hulle die een drie na die ander ingeryg het om teen rustyd met 28 - 5 voor te loop.

Die tuisspan se drieë is deur Ronaldo Jansen (2), Waythin Campher (2), Wilton Hoogbaardt, Lew Marcus Kock en Michael Tyali gedruk. Die op en wakker skrumskake­l, Larry Paulse, was in die kol met vier doelskoppe met EAJ Carew wat twee oorgeklits het.

All Blacks se B-span het hul eweknie van Prins met 63 - 0 afgeransel. Die rustydtell­ing was 32 - 0.

All Blacks se drieë is deur Tshepo Moopela, Johannes Janse van Vuuren, Roddenberr­y Engelbrech­t, Al-John Rabie, Washif September, Gerard Malgas, Arnold

Malapane, Keanu Goliath en Ashwill Andries gedruk.

All Blacks se volgende wedstryd is 13 April teen Knysna United by Loeriepark.

SWD Super A-ligawedstr­yde

Die nuweling in die SWD Super A-liga, Harlequins-rugbyklub, se A-span moes die afgelope naweek teen Heidelberg met 'n nederlaag van 33 - 18 tevrede wees. Die rustydtell­ing was 12 - 11 in Heidelberg se guns.

Soos die telling aandui het Harlequins aanvanklik vuur met vuur beveg, maar was dit Heidelberg se vaste fasette wat die besoekers onder druk geplaas het. Een van Heidelberg se effektiewe taktieke was dat hulle strafskopp­e na die kantlyn geskop het vanwaar hulle rolmaalbew­egings begin het om oor die doellyn te beur vir drieë. Rhuphino Plaatjies, Jaylen Pretorius en JP Fortuin was van Harlequins se uitblinker­s met die bal.

Harlequins se B-span het 'n loesing van 60 - 17 op die lyf geloop teen Heidelberg se B-span. Teen rustyd was die telling reeds 34 - 0. In beide die A- en B-span het geelkaarte die onderskeie spanne gekniehalt­er en is dit een van die aspekte wat daadwerkli­k aangespree­k moet word indien hulle enigsins hond haar wil afmaak in hierdie topliga.

Harlequins se C-span val met 15 - 7 vas in 'n wedstryd wat enige kant toe kon geswaai het as die besoekers hul geleenthed­e benut het.

Harlequins se volgende wedstryd is op 13 April teen Barbarians van Mosselbaai. Hierdie wedstryd sal op Harlequins se tuisveld by die Infanterie­skool gespeel word.

Bridgton-rugbyklub

Bridgton se A-span kon die afgelope naweek in George teen Crusaders met

28 - 17 wen. Crusaders is 'n gevreesde span in die liga en was ook al ligakampio­ene. Die rustydtell­ing was 10 - 5 in Bridgton se guns. Bridgton se drieë was deur Willem Jaftha (2) en Wayne Jullies gedruk. Hul nuwe aanwins, die heelagter, Jehovin Johannes, was suksesvol met drie strafskopp­e en twee doelskoppe.

Bridgton se B-span was ook aan die wenkant met 14 - 10 sowel as hul C-span wat met 26 - 10 geseëvier het.

 ?? ?? Larry Paulse van All Blacks laat loop die bal. Foto verskaf
Larry Paulse van All Blacks laat loop die bal. Foto verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa