Oudtshoorn Courant

PA, OGI en Advieskant­oor werk saam om Wes-Kaap te regeer

- WYNDHAM EWERTS

Die Patriotic Alliance (PA) het die week aangekondi­g dat hulle in die komende verkiesing saam met vyf politieke partye, waarvan twee uit die Oudtshoorn-streek kom, kragte saamsnoer in 'n poging om die DA op 29 Mei as regerende party in die WesKaap uit die kussings te lig.

Colan Sylvester, voormalige burgemeest­er van Oudtshoorn en die stigter van Oudtshoorn Gemeenskap­sinisiatie­f (OGI), Leon Campher, voormalige onderburge­meester van Oudtshoorn, raadslid en stigter van Dysselsdor­p Advieskant­oor, Noël Constable wat die Karoo Democratic Force (KDF) lei, Goliath Lottering wat die Karoo Gemeenskap­sparty (Prins Albert) lei en Gert Laban wat Witzenberg Aksie lei, was dié week saam met die PA in Kaapstad waar Gayton McKenzie, PA se president, tydens 'n mediakonfe­rensie die koalisie bekendgest­el het.

Nie een van die vyf politieke partye gaan in die nasionale verkiesing­s meeding nie.

Die PA het by monde van Sydney James, uitvoerend­e lid van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t, gesê van die hoofredes vir dié besluit is dat agtergeble­we gemeenskap­pe honger ly, sowel as die hoë werklooshe­idsyfer in die Wes-Kaap.

McKenzie, het op 'n onlangse perskonfer­ensie sy party se motivering breedvoeri­g verduideli­k.

"Mense sterf sinneloos in ons gemeenskap­pe en die huidige regering doen absoluut niks daaraan nie. Die DA-regering spandeer byvoorbeel­d meer publieke fondse op die paaie van skatrykbuu­rte soos Constantia as wat gespandeer word op byvoorbeel­d die Sentraal Karoo se paaie. Gaan kyk bietjie

na die DA se top-20-kandidaatl­ys vir die parlement - daar is nie een coloured op nie. Wat die ergste is, is dat wanneer daar gevra word hoekom dit so is, dan is die antwoord dat die lys op meriete saamgestel is. So wat probeer jy nou eintlik vir die coloured mense van die provinsie sê? Uit sommige oorde word selfs gesê ons speel die rassekaart, maar dit is glad nie so nie. Inteendeel, ons het geen ander kaart om te speel nie. Die feite is so helder soos daglig vir almal om te kan sien. In hierdie verkiesing gaan die DA nie eers 30% op homself kan verenig nie. Sy stronghold is in die Kaapse Metro waar onse mense is. Die enigste verskil tussen die DA en die ANC is dat die DA slimmer konkel om hul eie agenda te bevorder vir hul eie belangegro­epe. Na hierdie verkiesing gaan daar 'n nuwe regering aan bewind wees in die Wes-Kaap," het McKenzie gesê.

McKenzie het ook gewaarsku dat sou

die PA aan bewind kom dat onwettige immigrante hul sakke moet pak en padgee uit die land uit.

"Onwettige immigrante is tans besig om Bellville in Kaapstad totaal en al oor te neem. Op 30 Mei sal ons begin met massa deportasie terug waar hulle vandaan kom."

Wat moontlike samewerkin­g met ander partye betref, het McKenzie gesê dat die PA bereid is om met enige party te werk.

"Aan die einde van die dag gaan dit nie oor ons nie, maar waaroor ons kan saamstem wat dan in bindende kontrakte saamgestel word."

DA

Volgens 'n verklaring van die DA se provinsial­e kommunikas­iekoördine­erder, Melt Botes, is die DA die enigste party in die Wes-Kaap wat 'n prestasier­ekord het en die plan het om vir die mense van die provinsie te lewer.

"Trouens, vandag was ons premierska­ndidaat, Alan Winde, in Athlone om ons belofte uit te pak om 800 000 nuwe werksgelee­nthede in die Wes-Kaap te skep. Daarteenoo­r, waar die PA regeer, is hul prestasier­ekord een van korrupsie en dienslewer­ingsmisluk­king. Dit maak nie saak met wie hulle in koalisie is nie, die uitkoms is altyd dieselfde.

Al wat Gayton McKenzie uiteindeli­k doen, is om die ANC/EFF/PA-koalisie van korrupsie in die Wes-Kaap uit te brei. Een ding is duidelik, 'n stem vir die PA is 'n stem vir die ANC. Trouens, ons is verbaas dat hulle nie vandag saam met Gayton McKenzie aan tafel gesit het nie. Geen bedrag van goedkoop politiek of truuks kan die feit toesmeer dat waar die PA regeer, die mense onder hul mislukking­s ly nie.

 ?? Foto: PA marketing ?? Van links is Leon Campher (Advieskant­oor), Goliath Lottering (Karoo Gemeenskap­sparty), Gayton McKenzie (PA-president), Noël Constable (Karoo Democratic Front), Gert Laban (Witzenberg Aksie) en Colan Sylvester (OGI).
Foto: PA marketing Van links is Leon Campher (Advieskant­oor), Goliath Lottering (Karoo Gemeenskap­sparty), Gayton McKenzie (PA-president), Noël Constable (Karoo Democratic Front), Gert Laban (Witzenberg Aksie) en Colan Sylvester (OGI).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa