Oudtshoorn Courant

Ouma en kleinkinde­rs sterf saam in brand

- LIEZL VAN NIEKERK Donderdag 18 April, 2024

"Ek voel of dit my kan breek." So beskryf Dawid Avontuur, die pa van twee klein dogtertjie­s wat op 12 April saam met hul ouma en hul niggie in 'n brand dood is, hoe die gebeure van verlede Vrydag hom beïnvloed het.

Hoewel die polisie nog nie die identiteit van die slagoffers bekend kon maak nie, omdat daar nog op DNS-uitslae gewag word, het Avontuur hulle as sy dogters, Suzaan Tities (10) en Nicole Tities (4), sy skoonma Bettie Tities (73) en sy neef se dogter, Chloe Titus (4) geïdentifi­seer.

Volgens sers. Chris Spies, SuidKaapse polisiewoo­rdvoerder, ondersoek die De Rust-polisie nog die omstandigh­ede rondom hul dood.

"Die brand het ongeveer 04:25 uitgebreek. Beskikbare verslae dui daarop dat nooddienst­e in kennis gestel is van 'n opslaanhut wat aan die brand was. Met hul aankoms het die polisie die liggame van vier slagoffers onder die puin gevind. Daar word vermoed dat die slagoffers in die opslaanhut geslaap het toe die brand ontstaan het. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. ’n Geregtelik­e doodsonder­soek word gedoen."

Delina Tities, Bettie se dogter, was te geskok om met die koerant oor die voorval te gesels. Avontuur het gesê 'n massiewe tragedie het sy familie getref.

Avontuur vertel Delina se ander twee dogters, Beoline en Nicoline Tities, was saam met Suzaan, Nicole, Bettie en Chloe in die huis toe dit begin brand, maar dat Beoline en Nicoline wakker geword het en van die vlammehel kon ontsnap.

"Ek en my vrou en ons baba, Devinesia, het in die geboude huis geslaap. Dit is iets vreeslik. Ek het in my slaap gehoor mense skree buite, maar ek het gedink daar is dalk 'n slang. Toe ek buite kom sien ek die vlamme by die deur. Ek en my broer het probeer om in te gaan om hulle te help, maar die gaskan het ontplof en toe brand dit nog erger. Ons kon niks doen nie."

Noël de Bruin, De Rust Primêr se skoolhoof, waar Suzanne 'n leerder was, sê die hele gemeenskap is geskok.

"Ek het by ons wyksraadsl­id van die tragedie verneem. Die voorval het definitief 'n impak op ons leerders en opvoeders. Haar klasmaats is baie hartseer. Hulle het my vertel dat sy altyd 'n plesierige en vrolike dogtertjie in die klas was. Haar klasonderw­yser, Jessica Bruintjies, is net so hartseer."

Die skool het ter nagedagten­is aan Suzaan 'n kersie met haar foto in die skool se voorportaa­l neergesit sodat maatjies vir haar briefies kan los.

Jan van der Ross, De Rust se wyksraadsl­id, sê dat hy kort na die brand van die voorval gehoor het.

"As voormalige onderwyser en 'n ouer wat kinders van dieselfde ouderdom het, het dit vir my gevoel my hart word uit my borskas geruk. Dit is vreeslik om te dink waardeur hulle moes gaan."

Hy sê die familie het alles in die brand verloor.

"Hoewel hulle nie almal in een huis geslaap het nie, was al hul besittings, huisraad, klere, als in die opslaanhut. Die kinders se skoolklere is ook tot niet. Ons probeer hulle nog help," het hy gesê.

Finale begrafnisr­eëlings kan eers getref word wanneer die polisie die ondersoek voltooi het.

 ?? ?? Dawid Avontuur (links) saam met Beoline en Nicolene Titiies wat van die brand ontsnap het en hul ma, Delvine met baba Devinesia.
Dawid Avontuur (links) saam met Beoline en Nicolene Titiies wat van die brand ontsnap het en hul ma, Delvine met baba Devinesia.
 ?? Foto’s verskaf ?? Die puin van die woning waarin ‘n ouma en haar drie kleinkinde­rs gesterf het is.
Foto’s verskaf Die puin van die woning waarin ‘n ouma en haar drie kleinkinde­rs gesterf het is.
 ?? ?? Suzaan Tities (10)
Suzaan Tities (10)
 ?? ?? Bettie Tities
Bettie Tities

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa