Oudtshoorn Courant

Pad na Die Hel gesluit vir dringende herstelwer­k

- LIEZL VAN NIEKERK

Dit is reeds meer as 'n week wat Pieter en Marinette Joubert met hul kinders en ses ander mense in 'n Gamkaskloo­f (Die Hel) vasgekeer is, na 'n swaar reënbui die pad vanaf die Swartbergp­as na Die Hel heeltemal verspoel het.

Volgens Kevin van Blerk, 'n familievri­end, het dit op 8 April ongeveer 101,1 mm in 14 ure in Gamkaskloo­f gereën. 'n AMS-helikopter moes verlede week help om voorraad aan die inwoners en gaste wat vasgekeer was te neem, en om gaste terug oor die rivier te bring. Die Otto du Plessis-pad (Die Hel-pad) is heeltemal onbegaanba­ar.

Van Blerk sê dat dit goed gaan met die 'Klowers' en dat hulle hulp van Oudtshoorn­iete kry wat bereid is om vir hulle benodighed­e te neem tot by "die groot gat op die 10 km-merk", 'n punt waar die Jouberts dit kan optel.

Volgens Jandré Bakker, hoof van kommunikas­ie: Hoofdirekt­oraat: strategies­e bestuur en operasione­le ondersteun­ing by die departemen­t van infrastruk­tuur van die WesKaapse regering sê die Wes-Kaapse departemen­t van infrastruk­tuur (DVI) is die betrokke padowerhei­d wat met die herstel van die pad werk.

"Die DVI kan bevestig dat werke reeds begin het. Die doel van hierdie werke is om toegang te herstel en dit word as die hoogste prioriteit beskou. Die grootste skade is tussen die 3 km-merker en die 10 km-merker, asook padgedeelt­es in Gamkaskloo­f waar die pad ten volle weggespoel het. Daar is ook aansienlik­e skade op die res van die pad. Spesialist­oerusting en masjinerie is nodig vir hierdie werk."

Volgens Bakker is die span tans in die proses om aan 'n rotsstorti­ng in die Swartbergp­as aandag te gee, alvorens die toerusting geskuif kan word om aan hierdie stuk pad te werk.

"Die eerste prioriteit is dus nou om toegang vir die toerusting tot hierdie gedeelte te kry. Sodra die toerusting op die perseel is, beoog ons om binne 'n week plaaslike toegang (slegs vir voltydse bewoners van die area met 4-trekvoertu­ie) te vestig. Hierna sal die permanente herstel van die pad begin. Ons voorspel dat dit ’n aansienlik­e tyd sal neem om die pad te herstel. Die algemene publiek sal daarom die pad as gesluit moet beskou vir die afsienbare toekoms. Geen uitsonderi­ngs sal gemaak word nie aangesien die pad nou 'n amptelike konstruksi­eterrein is."

Bakker het gelas dat die werke namens die DVI deur die Sentraal Karoo-distriksmu­nisipalite­it uitgevoer word.

Die departemen­t het die departemen­t van omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngs-bestuur vir spoedige hantering van die nodige goedkeurin­g vir die werke om te begin, bedank.

 ?? ?? Die AMS-helikopter het gehelp om mense uit Gamkaskloo­f te red.
Die AMS-helikopter het gehelp om mense uit Gamkaskloo­f te red.
 ?? ?? Die pad het heeltemal verspoel en is onbegaanba­ar.
Die pad het heeltemal verspoel en is onbegaanba­ar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa