Oudtshoorn Courant

Rondganger vir die moord op Eric Xaxaka gevonnis

- GARNETT WICOMB

Die man wat die pa van sy meisie in sy huis in Bongolethu wreed vermoor en in ‘n vlak graf begrawe het, is verlede Donderdag in die streekhof tronkstraf van 23 jaar opgelê.

Patrick Rondganger (37) is aan moord, diefstal en regsveryde­ling skuldig bevind.

Hy het die 60-jarige Eric Xaxaka op 6 April 2022 in ‘n graf onder twee yskaste in ‘n aangrensen­de buitekamer begrawe nadat hy hom vermoor het.

Xaxaka se lyk is twee dae later gevind nadat hy vermis was en Rondganger saam met die polisie en sy familie na hom gesoek het.

Rondganger het Donderdag in ‘n pleitverdu­ideliking breedvoeri­g verduideli­k hoe hy Xaxaka verskeie kere in sy nek, bors en arms gesteek het omdat hy baie kwaad was vir die oorledene.

Volgens hom het die oorledene hom die vorige aand gevra om sy huis te verlaat omdat hy na drank geruik het.

Hy is die volgende oggend na ‘n winkel om sigarette te gaan koop nadat sy meisie, Xaxaka se 32-jarige dogter, weg is werk toe.

Volgens hom het die oorledene met sy terugkeer ‘n mes uitgehaal net toe hy wou loop.

In ‘n worsteling daarna het hy die mes afgeneem en die oorledene verskeie kere gesteek. “Ek het nie getel nie, maar dit was baie,” het hy erken.

Hy het besef dat hy in die moeilikhei­d is en het nie geweet wat sy meisie en haar familie sou doen nie.

Daarna het hy ‘n vlak graf gegrawe, Xaxaka se bebloede liggaam in ‘n swart sak geplaas en begrawe.

Hy het die vertrek skoongemaa­k en die beddegoed in ‘n sak geplaas wat hy later weggegooi het.

Vir sy meisie het hy later gesê hy weet nie waar haar pa is nie en saam met die polisie en familie na hom gesoek.

Hy het later ‘n bekentenis aan die polisie gemaak en uitwysings gedoen.

Rondganger het gesê hy is baie jammer vir wat hy gedoen het en die familie om verskoning gevra.

Volgens die staatsaank­laer, Hyron Goulding, is Xaxaka 35 steekwonde toegedien. “Die oorledene het nie verdien om sy lewe so te verloor nie.”

Die oorledene se broer, Patrick Xaxaka (56), het getuig hoe sy broer se dood sy gesondheid agteruit laat gaan het, en hy het die hof versoek om Rondganger lewenslank uit die gemeenskap te neem. Volgens hom was sy broer ‘n stil en godsdienst­ige persoon wat net kerk toe en werk toe gegaan het.

“Die beskuldigd­e was werkloos en my broer het uit sy goeie hart vir hom huisvestin­g gegee en gesorg. Iemand soos hy kan nie toegelaat word om in die gemeenskap te bly nie,” het ‘n

duidelik hartseer broer getuig en hofgangers na hul sakdoeke laat gryp het.

Xaxaka se dogter sê in ‘n impakversl­ag dat sy haar pa nog elke dag mis en dat hy ‘n staatmaker was. Hy het die familie bymekaarge­hou en dat sy nie meer haarself is nie.

Streekland­dros Ntsoki Moni het met vonnisople­gging Rondganger na foto’s van die moordtonee­l en die oorledene laat kyk. Volgens haar was die moord so grusaam dat sy self nie eintlik na die foto’s wou kyk nie.

Sy het Rondganger die maksimum vonnis van 20 jaar vir ‘n eerste oortreder opgelê vir moord en ook drie jaar vir diefstal van die oorledene se selfoon, en regsveryde­ling. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het ook die week in 'n verklaring gesê dat die Wes-Kaapse polisiebes­tuurder die lede wat by die vonnis betrokke was, vir hul werk geloof het.

Hy het ook die bloed- en semenopspo­ringshond wat by die toneel gehelp het en gehelp het om die liggaam van Xaxaka op te spoor, uitgesonde­r.

 ?? ?? Patrick Xaxaka, Eric se broer. Foto: Garnett Wicomb
Patrick Xaxaka, Eric se broer. Foto: Garnett Wicomb
 ?? ?? Patrick Rondganger
Patrick Rondganger
 ?? ?? Wyle Eric Xaxaka
Wyle Eric Xaxaka

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa