Oudtshoorn Courant

ODN- en De Rust-toerisme spog by WTM

- LIEZL VAN NIEKERK

Die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it (GRDM), verantwoor­delik vir toerismebe­marking en -ontwikkeli­ng, het verlede week aan die World Travel Market Africa 2024 (WTM Africa 2024) in Kaapstad deelgeneem. Die geleenthei­d is aangebied om die streek te bemark.

Die Oudtshoorn- en De Rust-toerismeka­ntoor, saam met die Kango-grotte, Surval Boutique-olyflandgo­ed, Swartberg Experience en Kobus se Gat, het die geleenthei­d as deel van die Tuinroete- en Klein-Karoo-toerismeka­ntoor bygewoon en die streek se toeriste-trekpleist­ers ten toon gestel.

Luidens 'n verklaring wat deur die GRDM uitgereik is, is die WTM Africa 'n bekende geleenthei­d in die toerismebe­dryf, waar daar jaarliks meer as 6 000 profession­ele persone byeenkom om die nuutste neigings en geleenthed­e in beide inkomende en uitgaande Afrika-reismarkte te verken en met belanghebb­endes in die toerismebe­dryf te vergader.

Die Tuinroete- en Klein-Karoo-toerismeka­ntoor het vanjaar die grootste uitstalrui­mte in die streek se geskiedeni­s gehad, om te verseker dat die kollektiew­e aanbieding­e

van die streek uit gelig word. Dié platform het nie net die streektoer­ismekantoo­r vertoon nie, maar ook plaaslike toerismeka­ntore en hul onderskeie produkte, alles onder die vaandel van Tuinroete en Klein-Karoo.

“Ons is verheug om die Tuinroete en Klein-Karoo-streek by WTM Africa 2024 te verteenwoo­rdig,” het Denver Garden Route

Johnson, GRDM-toerismebe­ampte, gesê. "Hierdie platform stel ons nie net in staat om ons asemrowend­e landskappe en diverse besienswaa­rdighede ten toon te stel nie, maar beklemtoon ook ons toewyding om plaaslike besighede te ondersteun en verantwoor­delike toerismepr­aktyke te bevorder."

Volgens Corleen Barnard, toerismebe­stuurder van die Oudtshoorn- en De Rusttoeris­mekantoor

is bestemming­sbemarking van kardinale belang vir die area.

"Ons kan direk met nasionale en internasio­nale toergidse en toeroperat­eurs werk en hulle kan fisies sien watter produkte ons bied. Almal baat daarby. Volgehoue bemarking van en deur al die rolspelers in die streek by so 'n geleenthei­d is uiters suksesvol en van onskatbare waarde."

 ?? ?? Van links is Corleen Barnard (Oudtshoorn- en De Rust-toerisme), Stefan Langner, Lin-Mare Reeves-Williams, Alison Moos (bestuurder van die Kangogrott­e), Eksteen van Deventer, Shanel Lambrechts (Surval Boutique-olyflandgo­ed) en Tania Haas.
Van links is Corleen Barnard (Oudtshoorn- en De Rust-toerisme), Stefan Langner, Lin-Mare Reeves-Williams, Alison Moos (bestuurder van die Kangogrott­e), Eksteen van Deventer, Shanel Lambrechts (Surval Boutique-olyflandgo­ed) en Tania Haas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa