Oudtshoorn Courant

ProStars klop Legends

- WYNDHAM EWERTS

ProStars het verlede Sondag die jaarlikse gewilde Oudtshoorn-100-bal vlakkiekri­eketreeks teen Legends in 17de Laan voor 'n groot skare in 'n naelbytein­dstryd gewen. Die toernooi is deur die liefdadigh­eidsorgani­sasie, Sport Buddy Community Projects aangebied.

Die kolfblad, is twee dae voor die wedstryd deur weldoeners geskraap, en die buiteveld was redelik vinnig, maar tog was lopies nie vrylik beskikbaar vir beide spanne nie.

Legends het die loot gewen en besluit om ProStars in te stuur om te kolf, 'n besluit wat vrugte afgewerp het toe hulle ProStars vir slegs 59 lopies beperk het. ProStars se beurt het wankelrig weggesprin­g toe hulle na die eerste 50 balle 29 lopies op die telbord geplaas het met vyf kolwers wat alreeds uitgehaal was.

ProStars se middelorde het egter hul rug styf gemaak om 'n verdedigba­re telling op die telbord te plaas.

Legends het in hul lopiejaagt­og aanvanklik versigtig gekolf, maar dit het hulself net onder meer druk geplaas toe die aantal balle om die verwagte lopies aan te teken minder geword het.

Legends moes uiteindeli­k 'n ses van die laaste bal van die wedstryd slaan om die wedstryd te wen wat hulle nie kon vermag het nie. Vir Legends was

Sydwell Williams die beste kolwer tesame met Jo-Wayne Witbooi wat die beste bouler was. Witbooi is ook as speler van die wedstryd aangewys.

Vir die wenspan

ProStars, het Stanley

Mei 'n waardevoll­e beurt van 21 lopies aangeteken wat twee pragsesse ingesluit het. Hy is goed deur Dulin Matthews ondersteun wat ook 'n waardevoll­e 15 lopies aangeteken het. Hul beste boulers was Anthony (Soldier) Horseman en Bompie Alexander wat elk drie paaltjies laat kantel het.

Na afloop van die wedstryd kon die spelers elk R100 inpalm indien hulle een paaltjie kon raakboul. Slegs die kaptein Dino Pietersen kon dit vermag.

Die bestuur van Sport Buddy Community Projects het Karoo Lusern, Timbercity, Oudtshoorn Vaardighei­dskool en André Taute bedank vir hul bydraes om die toernooi 'n groot sukses te maak.

 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Van links Faizle Lewis (Sport Buddy), Dino Pietersen (ProStars-kaptein) en Ashwill Kammies (Sport Buddy).
Foto’s: Wyndham Ewerts Van links Faizle Lewis (Sport Buddy), Dino Pietersen (ProStars-kaptein) en Ashwill Kammies (Sport Buddy).
 ?? ?? Dino Pietersen probeer ‘n speler van Legends uithardloo­p.
Dino Pietersen probeer ‘n speler van Legends uithardloo­p.
 ?? ?? Die spelers het hul lywe op die spel geplaas.
Die spelers het hul lywe op die spel geplaas.
 ?? ?? Jimmy van der Horst nael agter die bal aan.
Jimmy van der Horst nael agter die bal aan.
 ?? ?? Stanley Mei speel ‘n pragtige haakhou.
Stanley Mei speel ‘n pragtige haakhou.
 ?? ?? Die seëvierend­e ProStars-span.
Die seëvierend­e ProStars-span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa