Oudtshoorn Courant

Wesbank-tennisklub blink uit in dubbelstoe­rnooi

- GARNETT WICOMB

Altesaam 46 spelers vanoor die Suid-Kaap en selfs twee van die Oos-Kaap het die afgelope naweek deelgeneem aan die Pam Golding Eiendomme /Wesbankten­nisklub-dubbelspel­toernooi wat in ideale tennisweer op die bane van dié tennisklub aangebied is.

In die A-afdeling van die gemengde dubbels het George Wallace van die Georgetenn­isklub en Maaike Ferreira van Great-tennisklub met die louere weggestap toe hulle vir Zander Petzer van die Wesbankten­nisklub en Annalize Potgieter van Great-tennisklub in die eindstryd geklop het. Ryk Smit (Mosselbaai) en Helena Smuts (Hartenbos) was derde.

In die B-afdeling was dit die ma-en-seun-kombinasie van Christine en Rheinier van Coller van die Hartenbos-tennisklub wat koning gekraai het deur vir Louis Pienaar van die Wesbankten­nisklub en Christine Gouws van die George-tennisklub in die eindstryd te klop. Abrey Nel en Carla Botha van die Mosselbaai­tennisklub was derde.

Die pa-en-seun-kombinasie, Cilliers en Marcell Petzer van die Wesbank-tennisklub, het die mansdubbel­spelkompet­isie gewen met ‘n oorwinning oor Gert Swart en Hans de Villiers van Mosselbaai.

Hugo van der Berg en Morné Tome van die Wesbank-tennisklub het derde geëindig. Daar was pryse vir al 46 deelnemers.

In ‘n eenpunt-toernooi waaraan al die spellers deelgeneem het en vir groot prêt gesorg het, het Maaike Ferreira van Great-tennisklub vir Rida Bester (Wesbank) in die eindstryd geklop en met prysgeld van R1 000 weggestap.

Die voorsitter van die Wesbankten­nisklub, Louis Uys, het die toernooi as baie geslaagd beskryf en sy dank teenoor die hoofborg, Pam

Golding Eiendomme, al die borge sowel as die spelers uitgespree­k.

Jacques de Beer van Pam Golding Eiendomme het versekerin­g

gegee dat die toernooi beslis weer volgende jaar aangebied sal word en die hoop uitgespree­k dat dit verder sal groei.

 ?? Foto’s: Garnett Wicomb ?? Maaike Ferreira, wenner van die eenpunt-toernooi en Rida Bester saam met Jacques de Beer van Pam Golding Eiendomme.
Foto’s: Garnett Wicomb Maaike Ferreira, wenner van die eenpunt-toernooi en Rida Bester saam met Jacques de Beer van Pam Golding Eiendomme.
 ?? ?? Rheinier en Christine van Coller
Rheinier en Christine van Coller
 ?? ?? Cilliers en Marcell Petzer
Cilliers en Marcell Petzer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa