Oudtshoorn Courant

Harlequins wen riller teen Baabas

- WYNDHAM EWERTS

Rugbyonder­steuners is verlede Saterdag getrakteer met 'n drieëfees in die SWD Super A-ligawedstr­yd tussen Mosselbaai Barbarians en Harlequins Magte wat by die Infanterie­skool se sportterre­in gespeel is.

Dié opwindende wedstryd is uiteindeli­k met 48 - 41 deur

Harlequins gewen. Baabas was voor die wedstryd die voorloper op die algehele punteleer terwyl Harlequins slegs die 12de posisie beklee het na twee wedstryde. Dit was duidelik dat die tuisspan deur die groot skare aangevuur was en het hulle in die eerste helfte soos 'n koeël uit 'n geweer weggesprin­g om Baabas van meet af aan onder druk te plaas. Harlequins se jong spelbreker, Jaylen Pretorius, het weereens beïndruk met sy hardlooply­ne en spoed waarmee hy geskakel het met die agteren voorspeler­s. Sy giftige skopvoet tesame met 'n kommerkoel­mentalitei­t maak hom definitief een van Harlequins se groot fondse die afgelope twee seisoene. So effektief was Harlequins se dominansie met die rustydtell­ing op 24 - 12 in hul guns dat niemand die tuisskare sou blameer as hulle verwag het dat Harlequins met die wedstryd sal weghol nie.

Baabas het egter in die tweede helfte briljant teruggeveg om hulself met enkele minute se speeltyd oor, steeds in die wedstryd te hou. Vir Harlequins was dit glad nie 'n geval van oorgerusth­eid nie, inteendeel, die tuisspan het self na 'n hoër rat oorgeskake­l, maar ten koste van gebrekkige eerste linie verdedigin­g.

Ook Baabas se verdedigin­g het veel te wense oorgelaat, maar ten minste kan hulle met hul koppe omhoog loop dat hulle 'n goeie stryd tot die bitter einde geveg het. Beide afrigtings­korpse sal deeglik bewus wees van hul spanne se leemtes veral in 'n elite liga wat super kompeteren­d is.

Jaylen Pretorius was suksesvol met ses doelskoppe en twee strafskopp­e.

Die spoedvrate Glenwil Lewis en John Slabbert het twee keer agter die doellyn gaan kuier met Jenovin Fortuin en Sachen Wagenaar een drie elk. Harlequins B-span verloor 29 - 38 teen Barbarians B. Harlequins C-span verloor 9 - 47 teen Barbarians C.

 ?? ?? Die losskakel Rhupino Plaatjies ontsnap uit twee laagvatte, maar gee wonder bo wonder steeds die bal uit.
Glenwill Lewis het die verdediger­s telkemale na lug laat gryp.
Die losskakel Rhupino Plaatjies ontsnap uit twee laagvatte, maar gee wonder bo wonder steeds die bal uit. Glenwill Lewis het die verdediger­s telkemale na lug laat gryp.
 ?? Foto’s: Wyndham Ewerts ?? Die slot Sange Moyake beur met brute krag vorentoe.
Foto’s: Wyndham Ewerts Die slot Sange Moyake beur met brute krag vorentoe.
 ?? ?? Jaylon Pretorius se skopvoet was oudergewoo­nte weer dodelik.
Jaylon Pretorius se skopvoet was oudergewoo­nte weer dodelik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa