Oudtshoorn Courant

Stem vir oud-Gimmie Marnus Botha!

- LIEZL VAN NIEKERK

'n Oud-inwoner van Oudtshoorn, Marnus Botha, is een van 60 deelnemers aan Mnr. Suid-Afrika 2024 en Suid-Afrikaners kan nou vir hom stem om hom te help om na die volgende rondte deur te dring.

Botha het in 2011 aan Langenhove­n Gimnasium gematrikul­eer en woon nou in Somerset-Wes saam met sy vrou Marguirite, waar hy vir die Stad Kaapstad-munisipali­teit in die Strategies­e Beplanning departemen­t werk.

Hy het sy honneurs- en meestersgr­ade in stadsbepla­nning verwerf by die Noordwes Universite­it in Potchefstr­oom en is in

2023 aangewys as een van die Top 30 Jong Beplanners in Suid-Afrika deur Sacplan (South African Council for Planners). Botha sê hy wik en weeg al 'n geruime tyd om vir Mnr. Suid-Afrika in te skryf.

"Ek dink ek is nou op die regte plek en tyd in my lewe waar ek die pligte van die titel met entoesiasm­e sal kan nakom. Al wat ek weet is dat ek hierdie onbenutte potensiaal binne in my het wat met die wêreld gedeel moet word."

Botha sê die Mnr. Suid-Afrika-platform is vir die gewone, gemiddelde man om buitengewo­ne dinge te doen en te bereik.

"Dit is 'n manier om die samelewing te verbeter deur jouself te transforme­er in die persoon wat jy nog altyd bestem was om te wees. Ek sien dit as ‘n groot geleenthei­d om mense te motiveer, te inspireer, aan te moedig en uiteindeli­k te dien."

Hy beskryf dit as 'n inklusiewe platform wat mans van Suid-Afrika van alle vlakke van die lewe, agtergrond, status en seksuele oriëntasie verwelkom.

"Mnr. Suid-Afrika sal vir my die voorreg gee om op ‘n nasionale en selfs internasio­nale vlak mense te inspireer om op te staan en hul stemme te laat hoor. Saam met dit wil ek die jeug motiveer om te registreer sodat hulle kan stem vir ‘n regering wat hulle in Suid-Afrika verdien. Ek wil 'n stem wees vir diegene wat nie vir hulself kan praat nie. Ek wil 'n stem wees vir die kind wat weens die erge energiekri­sis in ons land by kerslig moet studeer vir hul finale matriek eindeksame­n."

Botha vertel dat hy 'n geweldige passie en belangstel­ling vir infrastruk­tuur en dienslewer­ing het, en wil hierdeur mense help wat nie die hulpbronne het om hulself of hul gesinne te help nie.

Botha sê die pad na die titel is 'n tydsame proses. Hy sê deelnemers word deur die loop van die jaar gementor om hul plek in te neem as bakens van positiewe mansfigure in die samelewing.

"Ons neem aan verskeie uitdagings deel en word op hierdie uitdagings bepunt. ‘n Groot persentasi­e van die publiek se stemme maak deel uit van die eindresult­ate. Slegs die top tien word gekies om deel te neem aan die eindrondte wat regstreeks uitgesaai word. Die afdelings sluit in loopplank-items in swemdrag en formele drag, asook ‘n kategorie waar deelnemers vrae moet beantwoord oor huidige en aktuele sake in Suid-Afrika. Die hele proses neem ongeveer 'n jaar. Die kroning vind in Novemeber plaas."

Enigiemand wat vir Botha wil stem kan die QR-kode skandeer. Stemme sluit 10 November.

 ?? ?? Marnus Botha
Foto: Dylan Louw Photograph­y
Marnus Botha Foto: Dylan Louw Photograph­y

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa